April 2021
Abrie Grobler CFA® Wealth Manager: Securities
Bitcoin is ʼn kriptogeldeenheid wat in 2008 bekendgestel is deur iemand met die skuilnaam, Satoshi Nakamoto. Dit is ʼn digitale bate wat ontwerp is om as ruilmiddel te werk en word deur kriptografie bestuur en beheer. Jy word “beloon” met Bitcoin wanneer jy gasheer speel vir eweknietransaksies (peer-to-peer transactions), ʼn proses wat bekend staan as Bitcoin-ontginning.
“ Dit is ʼn digitale bate wat ontwerp is om as ruilmiddel te werk en word deur kriptografie bestuur en beheer. Jy word “beloon” met Bitcoin wanneer jy gasheer speel vir eweknietransaksies (peer-to-peer transactions), ʼn proses wat bekend staan as Bitcoin-ontginning. ”
Bitcoin is ʼn kriptogeldeenheid wat in 2008 bekendgestel is deur iemand met die skuilnaam, Satoshi Nakamoto. Dit is ʼn digitale bate wat ontwerp is om as ruilmiddel te werk en word deur kriptografie bestuur en beheer. Jy word “beloon” met Bitcoin wanneer jy gasheer speel vir eweknietransaksies (peer-to-peer transactions), ʼn proses wat bekend staan as Bitcoin-ontginning. Daar is slegs 21 miljoen Bitcoin wat ontgin kan word, en die aantal Bitcoin wat vrygestel word aan ontginners verminder elke vier jaar met 50%. In laat-2017, het die prys van Bitcoin tot $20 000 opgeskiet, maar dit het daarna tot $3 700 geval. Sedertdien het die prys beduidend herstel en onlangs die hoogte ingeskiet tot $60 000.
Die kriptogeldbeurs Coinbase het Woensdag, 14 April 2021 aandelemarkgeskiedenis gemaak as die eerste maatskappy wat in kriptogeld spesialiseer om ʼn aanvanklike openbare aanbod van stapel te stuur.
Hierdie optrede deur Coinbase laat die vraag ontstaan of daar waarde in Bitcoin is en, indien wel, of jy moet oorweeg om dit in jou beleggingsportefeulje in te sluit. Om dit te beantwoord, moet ons eers verstaan wat die oorsprong van hierdie waarneembare waarde is. Put Bitcoin waarde uit sy transaksiegebruik? Met ander woorde, het Bitcoin waarde omdat ʼn mens goedere en dienste kan koop? Óf is dit bloot ʼn waardedraer soos goud?
Transaksiewaarde-argument – Daar is verskeie aanlyn artikels wat aanvoer dat Bitcoin as die geldeenheid van die toekoms beskou moet word.
Die BTC-netwerk (waarop Bitcoin ontgin word) kan 4.6 transaksies per sekonde verwerk, ʼn koers van 276 transaksies per minuut. Dit klink dalk na heelwat, maar indien ʼn mens dit vergelyk met die volume wat ʼn groot betalingsverwerker soos Visa hanteer, lyk die prentjie ietwat anders.
Visa kan ongeveer 1 700 transaksies per sekonde verwerk. Om dit in perspektief te plaas: dit sou die BTC-netwerk ses minute neem om te bereik wat Visa in ʼn sekonde kan doen. Dit neem bloot die transaksies van individue in ag – ons het nog nie ander kompleksiteite soos lenings en verbande of iets so eenvoudig soos die betaling van belasting beskou nie. Bitcoin het dus nog ʼn ver pad voordat dit as die geldeenheid van die toekoms beskou kan word. Met beperkte waarde wat transaksievermoë betref, kan dit as ʼn waardedraer beskou word?
Waardedraer-argument – ʼn Verslag deur Chainalysis het bevind dat bykans 18.6 miljoen Bitcoin sedert Junie 2020 ontgin is. Van die bestaande Bitcoin-voorraad, het 20% nog nie die afgelope vyf jaar van hulle huidige stel adresse beweeg nie. Daar word hierna verwys as “verlore Bitcoin”. Dit laat 13.5 miljoen Bitcoin onbeskikbaar vir koop of verkoop. Slegs 3.5 miljoen word aktief verhandel, wat meebring dat die prys aangedryf word deur slegs 19% van die totale uitgereikte Bitcoin. Chainalysis het die volgende gevolgtrekkings gemaak oor die handelsaktiwiteit:
Kleinhandelaars wat minder as $10 000 se Bitcoin per keer op beurse deponeer, verteenwoordig 96% van alle invloei na beurse per week.
Daarenteen verteenwoordig professionele handelaars 4% van aktiewe handelaars – of ongeveer 39 000 oordragte weekliks. Hulle beheeregter marklikiditeit en verteenwoordig 85% van al die VS-dollarwaarde van Bitcoin wat na beurse gestuur word.
Nog ʼn moontlike rede vir die onlangse prysbeweging kan optimisme-vooroordeel wees wat in behaviouraleconomics.com soos volg omskryf word:
“Mense is geneig om die waarskynlikheid van positiewe gebeure te oorskat en die waarskynlikheid van negatiewe gebeure wat in die toekoms met hulle kan gebeur, te onderskat” (Sharot, 2011).
Richard Thaler, ʼn Nobel-pryswenner vir ekonomie, voer aan dat wanneer aandele styg, mense dit koop juis omdat dit styg. Indien jy na die Bitcoin-prys kyk en dan op Google soek vir Bitcoin-tendense, lyk die grafiek baie dieselfde:
Google Trends (Google se belangstellingsmeter met verloop van tyd):
Bron: Google Trends
Let op die skerp styging in middel-Desember 2017 in die grafiek hier bo. Wanneer jy na die prysbeweging vir dieselfde tydperk kyk, kan jy sien dat die prys in middel-Desember 2017 ʼn spits bereik het. Drie jaar later sien ons ʼn soortgelyke verskynsel – daar is ʼn toename in belangstelling op die Google Trends-grafiek in laat-2020. Hierdie toename stem weereens ooreen met die prysbeweging, met die prys van Bitcoin wat weer beduidende wins in Oktober 2020 begin maak. Dit wys dat mense toenemend belangstel na mate die prys styg, wat weer die vraag laat ontstaan – waarom stel ons meer belang in iets wanneer dit duurder word?
Bron: I-Graph
Wanneer opbrengs hoog en regulering laag is, neem die waarskynlikheid van bedrog aansienlik toe. In 2019 alleen, het kubermisdadigers $4.26 biljoen se kriptogeld van gebruikers en beurse afgetap, volgens ʼn verslag deur Cipher Trace. In Suid-Afrika, het Mirror Trading International (MTI) die wêreld se grootste kriptobedrogspul van 2020 gepleeg deur $588 miljoen se Bitcoin te steel, volgens Chainalysis.
As ʼn waardedraer, is daar by Bitcoin ʼn gebrek aan bepaalde grondbeginsels wat gewoonlik in plek is om beleggers te beskerm, naamlik likiditeit en, van groter belang, regulering. Die gebrek aan hierdie twee beginsels kan lei tot bedrog en markmanipulasie.
Ter gevolgtrekking: Bitcoin, en die tegnologie daaragter, is hier om te bly en dit het reeds ons denkwyse oor transaksies verander. Verskeie instellings soos JP Morgan, Citi, Wells Fargo en US Bancorp gebruik reeds blokkettingtegnologie. Maar die gebruik daarvan maak nie Bitcoin minder riskant of spekulatief nie. Sonder behoorlike regulering en voldoende likiditeit kan die kriptogeldeenheid nie beskou word as ʼn geskikte bestemming vir aftreespaargeld nie. Dit bly steeds ʼn spekulatiewe belegging wat met omsigtigheid hanteer moet word.
PRETORIA-OOS | Lynnwood Bridge Kantoorpark, Kaaimansgebou, 4de Vloer, Lynnwood Manor | Postnet Suite 96, Privaatsak X025, Lynnwoodrif 0040 Tel: 0861 774 000 | Faks: 012 349 5300 | pretoriaoos@psg.co.za | Die opinies in hierdie dokument is dié van die skrywer en nie noodwendig die van PSG nie. Dit verteenwoordig nie advies nie. Alhoewel hoë sorg geneem is in die navorsing en voorbereiding van hierdie nuusbrief, kan geen verantwoordelikheid geneem word vir enige optrede gebaseer op inligting in hierdie nuusbrief nie. PSG Wealth Financial Planning (Pty) Ltd is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer. RFD 728
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.