May 2023
Tian Ebersohn CFP®
Wealth Adviser
Die Nasionale Tesourie gaan sekere belangrike veranderings aan Suid-Afrika se aftreewetgewing aanbring. Die veranderings sal volgens plan op 1 Maart 2024 in werking tree.
“ Die regering is deeglik bewus van die feit dat aftreefondslede in geldnood verkeer, wat deur die Covid-19-pandemie veroorsaak of vererger is. ”
Huidige wetgewing laat lede nie toe om aftreefondse op te vra terwyl hulle nog werk nie. Dit laat egter belasbare onttrekkings uit pensioen- en voorsorgfondse by beëindiging van diens toe.
Die regering wil deur middel van aftreehervormings ʼn balans probeer kry tussen aansporings om vir aftrede te spaar aan die een kant, en om aftreefondslede toegang tot ʼn deel van hul aftreefonds te gee sonder om uit hul werk te moet bedank, aan die ander kant.
ʼn Nuwe tweepot-stelsel
Wetgewing met betrekking tot die nuwe aftreehervormings is nog nie gefinaliseer nie, maar volgens aanduidings sal dit later vanjaar gepubliseer word.
Die tweepot-stelsel sal toelaat dat lede se bydraes in twee afsonderlike “potte” verdeel word, naamlik ʼn spaarpot en ʼn aftreepot. Lede sal toegelaat word om maksimum een derde van hul bydraes tot die spaarpot by te dra, en minimum twee derdes tot die aftreepot.
Hierdie nuwe struktuur sal lede wat toegang tot fondse nodig het, in staat stel om een keer per jaar geld uit die spaarpot te onttrek sonder om uit hul werk te moet bedank. Hulle hoef dus nie tot die uiterste stap oor te gaan nie om te bedank net om toegang te kry tot fondse wat nie net vir hulle nie, maar ook vir die werkgewer voordelig is. Die onttrekking, wat beperk word tot een keer per jaar en minstens R2 000 moet bedra, sal as gewone inkomste belas word, in plaas van as ʼn enkelbedragonttrekking.
Deur hierdie nuwe inisiatief sal die regering dus fondse meer toeganklik maak, maar die nuwe belastingbedeling sal hopelik lede ontmoedig om onnodige onttrekkings aan te gaan.
Bydraes tot die aftreepot sal eers by aftrede toeganklik wees, en die volle bedrag sal in ʼn annuïteit omskep moet word, onderhewig aan die de minimis-drempel.
Bydraes wat voor 1 Maart 2024 gelewer is, sal nie aan die nuwe wetgewing onderhewig wees nie en in ʼn derde pot (die “gevestigde pot”) gehou word.
Die diagram hieronder wys hoe bydraes vanaf 1 Maart 2024 verdeel sal word:
Bron: PSG Wealth
Aspekte wat nog aandag moet kry
Soos hierbo genoem, is daar nog onsekerhede wat aandag moet kry voordat die nuwe aftreehervormings ingestel word. Aspekte in verband met die toeganklikheid en konsolidasie van lede se bestaande opgehoopte voordele in die tweepot-stelsel sal voor implementering van die hervormings uitgeklaar moet word.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.