February 2022
Franske Neiteler CFA®
PSG Pretoria East, Wealth Manager: Securities
Wêreldmarkte het ‘n moeilike tyd ervaar met die afskop van 2022, met die S&P500- en Nasdaq-indekse wat vir die jaar, sedert 25 Januarie 2022, met onderskeidelik 8% en 13% gedaal het. Hierdie dalings is grootliks gedryf deur verwagtinge van hoër globale rentekoerse, sowel as geopolitieke risiko's tussen Rusland en die Oekraïne
“ Daar word steeds verwag dat die ekonomie vanjaar teen 'n gesonde pas sal groei, en met inagneming van die historiese perspektief, word verwag dat rentekoerse steeds vêr onder langtermyngemiddeldes sal bly. ”
Trouens, mark terugtrekkings soos hierdie is glad nie ongewoon nie. Hieronder is 'n grafiek deur Morningstar, wat duidelik aandui dat ons vyf soortgelyke terugtrekkings sedert vroeg 2020 ervaar het, en nog vele meer oor die lang termyn.
In hierdie geval kan die dalings bloot 'n agterstallige herstelling van oorgewaardeerde markte verteenwoordig, wat die potensiële impak van hoër rentekoerse vorentoe probeer verwerk. Daar word steeds verwag dat die ekonomie vanjaar teen 'n gesonde pas sal groei, en met inagneming van die historiese perspektief, word verwag dat rentekoerse steeds vêr onder langtermyngemiddeldes sal bly.
Hoë-vlieënde tegnologie-aandele is die swaarste getref, meestal as gevolg van hoë waardasies wat, gegewe toekomstige groeiverwagtinge, waarskynlik nie geregverdig sal wees nie. In tye van stygende rentekoerse wat lei tot hoër verdiskonteringskoerse op maatskappywaardasies, word die prys wat vandag betaal word al hoe belangriker. Hierdie situasie het daartoe gelei dat die mees gewaardeerde tegnologie-aandele die swaarste getref is.
Die tabel hieronder beklemtoon prysaftrekkings vir verskeie indekse en aandele in vergelyking met hul hoogtepuntwaardasies gedurende die afgelope drie jaar. Die waardasiemaatstaf wat in hierdie geval gebruik word, is 'n prys/verkope-veelvoud. Alhoewel dit minder algemeen is as die prys/verdienste-veelvoud, genereer verskeie van hierdie tegnologie-aandele nog nie winste nie, wat die prys/verdienste-veelvoud dus ongeskik maak. Pryssensitiwiteit vir hoë waardasies is duidelik, veral in tye van marknood en in 'n stygende rentekoers-omgewing.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.