March 2022
Carina van Rooyen CFP®
Wealth Manager
’n Storie wat ek onlangs raakgeloop het, The Very Hungry Caterpillar deur Eric Carle, is ’n klassieke kinderverhaal oor ’n klein ruspe wat honger gebore word. Hy eet alles wat hy teëkom en kry dan natuurlik maagpyn. Mettertyd word hy redelik groot en gryp hy na 'n gesonde groen blaar. Daarna bou hy 'n kokon om homself - en kom uiteindelik as 'n pragtige skoenlapper na vore.
“ Hou by die grondbeginsels wat jou beleggingstrategie onderlê, en hou by jou langtermynplan. ”
Die storie van die ruspe is oop vir interpretasie, maar dit het my laat dink oor beleggersgedrag en die twee emosies wat markbewegings dryf, vrees en gierigheid. Warren Buffett, uitvoerende hoof van Berkshire Hathaway, is deur Jeff Bezos (uitvoerende hoof van Amazon) gevra hoekom almal nie bloot sy (Buffett se) beleggingstesis volg nie, aangesien dit so eenvoudig is. Buffett se antwoord? “Because nobody wants to get rich slow.” (“Want niemand wil stadig ryk word nie.”)
Wanneer 'n bulmark wink en markte opwaartse neigings toon, is daar dikwels 'n domino-effek wat volg, en beleggers is geneig om meer en meer aandele te koop. Aandelepryse bly styg as gevolg van hoë aanvraag en, uiteindelik, word bateborrels geskep waar die intrinsieke waarde van die aandeel baie laer is as wat in sy prys weerspieël word. Uiteindelik bars die borrel en beleggers staar 'n markregstelling in die gesig en ly groot verliese.
As markte ineenstort en pryse dramaties daal, is baie beleggers geneig om paniekbevange hul aandele te begin verkoop – wat op sy beurt pryse nog verder laat daal. Die wet van vraag en aanbod beheer aandelemarkte, en wanneer hierdie twee emosies – vrees en gierigheid – ter sprake kom, kan dit groot skade aan beleggingsportefeuljes aanrig.
In sy 1986-brief aan aandeelhouers het Buffett geskryf: “Wat ons wel weet is dat, af en toe, uitbrekings van daardie twee superaansteeklike siektes, vrees en gierigheid, vir altyd in die beleggingsgemeenskap sal voorkom. Die tydsberekening van hierdie epidemies sal onvoorspelbaar wees. En die markafwykings wat deur hulle geproduseer word, in terme van duur en graad, sal ewe onvoorspelbaar wees. Daarom probeer ons nooit om die aankoms of vertrek van enige van dié siektes te verwag nie. Ons doelwit is meer beskeie: ons probeer eenvoudig om bang te wees net wanneer ander gierig is en om gierig te wees net wanneer ander bang is."
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.