SA Misdaad Se Invloed & Batebeskerming | PSG Insure

Fraudulent Telegram and WhatsApp groups 
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.

Wat misdaad vir SA versekeringsverbruikers beteken en hoe om jou bates te beskerm

Die jongste statistieke wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens vrygestel is, toon merkbare afnames in sekere tipes misdade. Hoewel hierdie bevindings ʼn bemoedigende prentjie skets, is misdade soos huisinbrake aan die toeneem. Pogings van die Minister van Polisie om “meer stewels op die grond te plaas” is ʼn welkome stap in die stryd teen misdaad, maar daar is baie wat Suid-Afrikaners kan doen om hul eie bates in ʼn omgewing van hoë misdaad te beveilig.

Motordiefstal: hoe om jou voertuig te beskerm


Beskikbare data dui daarop dat voertuie met sleutellose toegangstelsels nou ʼn algemene teiken word vir misdadigers. Hierdie funksie stel bestuurders in staat om hul voertuig sonder ʼn sleutel oop te sluit, met behulp van tegnologie wat op kortafstand-radioseine staatmaak wat deurentyd die omgewing skandeer om agter te kom wanneer die bestuurder binne reikafstand is. Hoewel dit nog nuwe, groter gerief vir bestuurders beteken, is sleutellose tegnologiestelsels egter veral kwesbaar vir afstandbeheerde diefstal.

Verskeie voertuie is as algemene teikens vir hierdie tipe misdaad geïdentifiseer. Om die toename in verliese op hierdie luukse voertuie teen te werk, vereis sommige versekeraars dat motoriste twee opsporingstelsels installeer as ʼn veiligheidsmaatreël. In hierdie gevalle moet bestuurders seker maak dat hul opsporingstelsels te alle tye ten volle in werking is, om te verhoed dat hul eise afgewys word indien iets onverwags gebeur.

Nog ʼn goeie praktyk vir bestuurders is om hul sleutelhouer so ver as moontlik weg van hul voertuig te hou. Dit word ook sterk aanbeveel dat die sleutelhouer in ʼn Faraday-sakkie gebêre word, wat alle eksterne seine blokkeer. Bestuurders word ook aangeraai om seker te maak dat hulle nie artikels op die agterste sitplek los of waar dit enigsins sigbaar is terwyl hul voertuig geparkeer of stilstaande is nie. Bestuurders moet oor die algemeen waaksaam bly en hul omgewing dophou by verkeersligte of wanneer hulle êrens stop.

Saam met hierdie maatreëls om risiko te verminder, kan bestuurders ook omvattende motorversekeringspolisse aangaan. Sommige versekeraars maak voorsiening vir bykomende voordele soos traumaberading en persoonlike ongevalleversekering.

Hoe om jou eiendom veilig te hou


Volgens die jongste statistieke het inbrake by residensiële eiendomme met net meer as 6% toegeneem, met 5 578 sake wat in die eerste kwartaal van 2023 aangemeld is. Die voortslepende elektrisiteitskrisis beteken misdadigers kan tydens kragonderbrekings die kans gebruik om op kwesbare huishoudings toe te slaan. Versekeraars het die afgelope jaar ʼn toename in eise vir residensiële inbrake ondervind.

Daarom is dit nodig dat huiseienaars en eienaars van kommersiële eiendomme ekstra moeite doen om te verseker dat veiligheidstelsels behoorlik werk. Die alarm moet geaktiveer word voordat die eiendom verlaat word. En vir ekstra beskerming kan veiligheidsmaatreëls soos die installering van hangslotte, diefwering en slotgrendels baie help om inbrake te voorkom.

Waar eiendomme deur elektriese heinings beskerm word, is dit ook belangrik om seker te maak dat die reserwebatterye waarop hierdie stelsels loop, genoeg reserwekrag het om so ʼn stelsel vir minstens vier uur aan die gang te hou in die geval van ʼn kragonderbreking. Die gebruik van LED-ligstelsels en sonkragligte op die buitegrens van die eiendom, asook in enige buitelug-areas, word ook aanbeveel.

Sonkrag- of battery-gedrewe flitse moet op verskillende plekke op die eiendom gehou word waar hulle maklik gekry kan word, en maak seker jy het ʼn ekstra stel batterye byderhand. Dit is ook uiters belangrik om te sorg dat jou selfoon altyd vol gelaai is, veral in ʼn noodgeval. En, as die hek van jou eiendom met die hand oop- of toegemaak moet word, kan jy jou sekuriteitsmaatskappy vra dat ʼn wag jou vergesel wanneer jy in stiller tye die eiendom binnegaan of dit verlaat.

In ʼn omgewing waar hoë misdaad voorkom, gebruik versekeringsonderskrywers strenger kriteria vir polisse om uitermatige verliese te voorkom. Daarom is dit belangrik dat Suid-Afrikaanse verbruikers seker maak dat hulle alle bepalings wat by hul polisse ingesluit is, verstaan en dat hulle ook ʼn goeie begrip het van hul eie verantwoordelikhede om hul bates veilig te hou.

Recommended news

Card image cap
InsureInShort
What crime means for SA insurance consumers and how to protect your assets

The most recent statistics released by the South African Police Service have shown notable declines in certain types of crimes. While these findings paint an encouraging picture, crimes like household robberies are on the rise.

Read more
Card image cap
InsureInShort
Proactivity and preparedness key to prepare for possible grid failure

Load shedding – a measure implemented by Eskom to address mounting pressures on the national electricity grid – has been a South African reality since 2007. However, the past few years have seen a dramatic increase in the severity of scheduled blackouts as Eskom attempts to deal with multiple infrastructural problems as well as theft and vandalism.

Read more
Card image cap
InsureInShortAfrikaans
Vier maniere om jou eiendom hierdie winter te beskerm

Hoewel die winterseisoen miskien gedagtes aan ʼn knetterende kaggelvuur en knus wintersaande tuis oproep, hou die kouer maande ʼn hele paar risiko’s in vir huiseienaars. Lae temperature en winderige weer, asook swaar reënval in sommige dele van die land, kan groot skade aanrig wat huiseienaars duur te staan kan kom. Met ʼn proaktiewe benadering tot sommige van hierdie risiko’s kan jy egter ʼn veilige en stresvrye winterseisoen vir jou en jou huis verseker.

Read more
Card image cap
InsureInShort
Debunking four of the biggest myths around short-term insurance for small businesses

Managing and running a successful small business in South Africa is no small feat. Entrepreneurs face a variety of challenges at different phases of their business’s journey. One challenge that emerges right from the start, however, is the responsibility every business owner has to understand their unique risk exposure and find ways to be as well prepared as possible for the unexpected.

Read more
PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2026 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us