Vier maniere om jou eiendom hierdie winter te beskerm | PSG Wealth

Fraudulent Telegram and WhatsApp groups 
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.

Vier maniere om jou eiendom hierdie winter te beskerm

Hoewel die winterseisoen miskien gedagtes aan ʼn knetterende kaggelvuur en knus wintersaande tuis oproep, hou die kouer maande ʼn hele paar risiko’s in vir huiseienaars. Lae temperature en winderige weer, asook swaar reënval in sommige dele van die land, kan groot skade aanrig wat huiseienaars duur te staan kan kom. Met ʼn proaktiewe benadering tot sommige van hierdie risiko’s kan jy egter ʼn veilige en stresvrye winterseisoen vir jou en jou huis verseker.

Sink of swem?
Die aanbreek van Suid-Afrikaanse winters word dikwels deur stortreën gekenmerk – veral in streke rondom die Kaapse Skiereiland. Beduidende skade kan aangerig word as daar nie voorsorg getref word om te verhoed dat water by huise inlek, in mure en fondamente insyfer en in vloere en vloerbedekking insypel nie. Mettertyd kan blootstelling aan water meebring dat gelamineerde vloere oplig, houtstrukture krom trek en verf blase vorm. Op die lang duur kan vogskade probleme soos skimmel en muf veroorsaak, wat moontlik gesondheidsimplikasies vir jou huisbewoners kan hê.

Van die doeltreffendste maniere om beskerming teen hierdie risiko’s te hê, is om lank voor die winter aanbreek alle lekplekke op dakke te herstel, seker te maak dakteëls is in posisie, en al die geute skoon te maak sodat water vrylik kan vloei.

Een van die algemeenste foute wat huiseienaars begaan, is om nie vroegtydig hierdie instandhouding te doen en alles na te gaan nie. Dit is een van die faktore waarna versekeraars sal kyk wanneer eise met betrekking tot waterskade oorweeg word. As jy nie kan bewys dat jy daadwerklike pogings aangewend het om jou dak in stand te hou en wanneer nodig te herstel nie, kan dit daartoe lei dat jou eis afgewys word.

Bly warm maar ook waaksaam
Weens voortslepende beurtkrag is Suid-Afrikaanse huishoudings vanjaar nog meer onder druk. Baie wend hulle tot draagbare gasverwarmers en houtvure as ʼn meer lewensvatbare oplossing vir nie-elektriese binnenshuise verhitting. Hierdie alternatiewe opsies hou egter ook verskeie risiko’s in vir huiseienaars.

Wanneer kaggels gebruik word, is dit belangrik om blokkasies te voorkom wat deur rook en roet veroorsaak word. Skoorstene moet gereeld nagegaan en skoongemaak word. Skoorstene wat geblok is of nie behoorlik werk nie, verhoog die risiko van ʼn brand in die huis, en boonop kan die oormatige vrystelling van koolstofdioksied ook ʼn ernstige gesondheidsgevaar inhou.

Wanneer gastoerusting vir kook en verhitting gebruik word, is dit ook belangrik dat jou gassilinders deur gekwalifiseerde professionele persone geïnstalleer word. Gastoerusting moet volgens die vereistes van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde geïnstalleer word. Dit sluit in om seker te maak dat gasbottels wat in jou gebou geïnstalleer word, nie meer as 19 kilogram weeg nie. Regulasies vereis ook dat alle gasbottels ten minste een meter of meer van deure en vensters af geïnstalleer moet word, sowel as twee meter of meer van dreine en lugopeninge af.

Wanneer hierdie vereistes nagekom is, sal ʼn nakomingsertifikaat aan die huiseienaar uitgereik word.

Bly veilig terwyl jy meer krag gebruik
Hoewel beurtkrag beslis veroorsaak dat huishoudings se gemiddelde daaglikse kraggebruik laer is, plaas die winterseisoen kragstelsels onder groter druk wanneer die krag aan is, omdat toestelle soos tuimeldroërs en elektriese verwarmers dan heeltyd werk. Verwarmers werk gewoonlik oortyd om die koue te verdryf. Die feit dat die ligte langer brand en geisers meer gebruik word gedurende die kouer en donkerder maande, plaas ook ekstra druk op die netwerk.

Die kanse is goed dat minstens ʼn paar van jou toestelle aan sal wees tydens beurtkrag, en dit hou die risiko van ʼn kragstuwing in wanneer die krag weer aankom. Jy kan die risiko van skade aan toestelle bestuur deur alle toestelle by die muurprop af te skakel totdat die krag weer aan is. Stuwingsbeskermers, wat by individuele kragpunte of op die huis se verdeelbord geïnstalleer kan word, is ook ʼn doeltreffende manier om toestelle teen skielike elektriese stuwings te beskerm. Afhangende van jou versekeraar, kan stuwingsbeskerming ʼn voorvereiste wees om ʼn eis te laat goedkeur, en dit sal beslis tot jou voordeel wees omdat dit die kanse sal verbeter om ʼn vinnige uitbetaling vir elektriese skade te kry.

Dis tyd dat die geiser nagegaan word
Eise vir gebarste geisers is ook iets wat dikwels tydens koue weer voorkom. Skielike temperatuurdalings kan die warmwatertenk vinniger laat uitsit en inkrimp as in warmer maande. Dit kan veroorsaak dat jou geiser onklaar raak. Boonop kan versuim om die silinder in stand te hou vinniger slytasie meebring.

Om dít te vermy, kan jy ʼn geiserkombers gebruik om die silinder te isoleer en hitteverlies te verminder. Dit kan help om die geiser se leeftyd te verleng en terselfdertyd sy elektrisiteitsverbruik verminder.

Temperatuurbeheer deur byvoorbeeld ʼn termostaat te gebruik, sal verseker dat die geiser se temperatuur ondanks wisselings konstant bly. Korrosie van die silinder kan vertraag word deur dit gereeld te laat diens deur ʼn gekwalifiseerde loodgieter, wat jou kan help deur uit te kyk vir tekens dat jou geiser vervang moet word.

As jy kundige advies nodig het oor hoe jy die koue kan beveg, praat met jou adviseur. Versekeringsadviseurs is die beste toegerus om huiseienaars te help en die doeltreffendste maniere te kry om hul eiendom teen winterverwante risiko’s te beskerm. Gesels met jou adviseur, wat jou sal help om ingeligte besluite te neem oor hoe om jou eiendom te beskerm en gemoedsrus te verseker wanneer die winterkoue byt.

Recommended news

Card image cap
InsureInShort
Four ways to safeguard your property this winter

While winter may be associated with the crackling of a fireplace and cosy nights indoors, the colder months come with their fair share of risks for homeowners. Low temperatures and windy weather, as well as heavy rainfall in some parts of the country, could result in costly damages. However, by proactively addressing some of these risks, you can ensure a safe and stress-free winter season for you and your home.

Read more
Card image cap
InsureInShort
Proactivity and preparedness key to prepare for possible grid failure

Load shedding – a measure implemented by Eskom to address mounting pressures on the national electricity grid – has been a South African reality since 2007. However, the past few years have seen a dramatic increase in the severity of scheduled blackouts as Eskom attempts to deal with multiple infrastructural problems as well as theft and vandalism.

Read more
Card image cap
InsureInShortAfrikaans
Proaktiwiteit en paraatheid belangrik om vir moontlike netwerk-ineenstorting voor te berei

Beurtkrag – ʼn maatreël wat deur Eskom toegepas word om toenemende druk op die nasionale kragnetwerk te verlig – is al sedert 2007 ʼn werklikheid in Suid-Afrika. Daar was die afgelope paar jaar egter ʼn dramatiese toename in die intensiteit van geskeduleerde kragonderbrekings terwyl Eskom probeer om verskeie infrastruktuurprobleme asook diefstal en vandalisme die hoof te bied.

Read more
Card image cap
InsureInShort
Debunking four of the biggest myths around short-term insurance for small businesses

Managing and running a successful small business in South Africa is no small feat. Entrepreneurs face a variety of challenges at different phases of their business’s journey. One challenge that emerges right from the start, however, is the responsibility every business owner has to understand their unique risk exposure and find ways to be as well prepared as possible for the unexpected.

Read more
Card image cap
Insure
Electric vehicles and drones: how technology is powering the evolution of SA’s insurance industry

The rapid acceleration of technological development is one of the driving forces behind some of the major shifts in the insurance industry. Technology is bringing a new level of innovation to traditional methods of gathering data, underwriting policies and crafting new insurance products to meet the needs of an evolving consumer base. Understanding how these innovations will impact the insurance landscape should be a top priority for insurers and their clients.

Read more
PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2026 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us