Fraudulent Telegram and WhatsApp groups
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.
December 2024

PSG Insure

“ Hoe om jou besigheidsbedrywighede teen kubermisdaad te beskerm ”
Suid-Afrika raak ʼn al hoe groter teiken vir kubermisdaad op die Afrika-vasteland, terwyl aanvalle op besighede meer algemeen en ook meer gesofistikeerd raak. Kubermisdaad kan katastrofale gevolge inhou en tot ernstige finansiële verlies, reputasieskade, ontwrigting van werksaamhede en potensiële regsaanspreeklikheid lei – ongeag hoe groot of klein die besigheid is. Hoe meer daar op digitale kanale staatgemaak word, hoe dringender raak dit vir besighede om hul stelsels en data teen hierdie ontwikkelende bedreigings te beskerm.
In ʼn onlangse opname deur die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR), het 88% van Suid-Afrikaanse organisasies erken dat hulle die afgelope jaar minstens een sekuriteitskending ervaar het, en 47% het glo tot vyf kubersekuriteit-insidente gehad. Risikoblootstelling van besigheidse-pos (in Engels bekend as “Business email compromise” of “BEC”) raak een van die grootste bedreigings, waar kubermisdadigers e-posse onderskep om betalings na bedrieglike rekeninge te kanaliseer. Hierdie toenemende tendens beklemtoon nie net die noodsaaklikheid van verbeterde kuberwaaksaamheid nie, maar ook die keuse van die regte tipe en vlak van versekering om besighede teen finansiële verliese te beskerm. Die regte kuberversekering kan help om die skade te temper en sorg dat die besigheid vinnig kan herstel, terwyl enige langtermyn-impak tot die minimum beperk word.
Hoekom is kuberversekering so gespesialiseerd?
Kuberversekering raak al hoe meer algemeen, maar bly hoogs gespesialiseerd. Polisse word by die digitale risiko’s van elke besigheid aangepas. Dit beteken ʼn versekeraar sal ʼn deeglike begrip van die besigheid se digitale opset nodig hê om unieke swakplekke te identifiseer en die besigheid teen potensiële risiko’s te beskerm.
Eise kan egter nog steeds afgewys word indien polisse nie sorgvuldig nagegaan en in stand gehou word nie. Algemene redes waarom eise afgewys word, sluit in:
• Ontoereikende sekuriteitprotokolle
• Versuim om die polis by te werk na gelang sakebedrywighede uitbrei, of
• Nie-voldoening aan polisvereistes.
Met die hulp van ʼn versekeringsadviseur sal die besigheidseienaar nie net verseker dat die regte dekking vir die besigheid verkry word nie, maar ook die vereistes en beperkings van hul polis ten volle verstaan.
Belangrike tipes kuberversekering wat beskikbaar is
Omvattende kuberversekering kan verskillende tipes insidente dek, soos:
• Dataskendings: Beskerming van sensitiewe inligting teen blootstelling of diefstal, en dekking van koste om geaffekteerde partye in kennis te stel en die reputasie-impak te bestuur.
• Losprysware-aanvalle: Dit dek die koste om data en stelsels te herstel, en help in sommige gevalle met losprysbetalings.
• Sakeonderbreking: Vergoeding vir die verlies aan inkomste en groter bedryfskoste.
Gedagtig aan hoe kompleks dit kan wees, vervul versekeringsadviseurs ʼn belangrike rol om besighede te help om die regte poliskenmerke te kies. Adviseurs kan ook help bepaal watter vlak van dekking nodig is, wat sal verseker dat die besigheid nie te veel aan premies betaal nie, sonder om enige dekking prys te gee.
Vyf strategieë om kuberrisiko te verminder
Versekering is noodsaaklik, maar proaktiewe kuberrisikobestuur is net so belangrik. Die volgende vyf strategieë kan help om voorvalle van kubermisdaad te voorkom:
Aangesien kuberbedreigings deurentyd saam met nuwe tegnologieë ontwikkel, is ʼn veelvlakkige verdedigingslinie nodig. Die kombinasie van omvattende kuberversekering met proaktiewe kubersekuriteit kan besighede help om die risiko van beduidende finansiële en reputasieskade te verminder.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.





