April 2024
PSG Insure
Selfs al vier ons dertig jaar van demokrasie, en gaan ons binnekort weer stembus toe, gaan Suid-Afrika steeds gebuk onder sosio-ekonomiese uitdagings, met lae ekonomiese groei, hoë werkloosheid en toenemende ongelykheid. Dit bring mee dat die risiko van stakings, onluste en ander vorms van onrus ongelukkig nie geïgnoreer kan word nie. Sulke risiko’s word nie deur kommersiële versekeraars gedek nie, maar via die Suid- Afrikaanse Vereniging vir Spesiale Risikoversekering (Sasria), ʼn staatsonderneming wat in Bylae 3B van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, Wet 1 van 1999, gelys is. Wat belangrik is, is dat die dekking wat Sasria bied nie outomaties by jou polis ingesluit is nie – dit moet spesifiek bygevoeg word.
Die vlaag van onluste en plundering wat in 2021 in dele van KwaZulu-Natal uitgebreek het, het die land miljarde rande gekos. Die slagoffers van ʼn groot deel van hierdie verwoesting was individue wie se huise beskadig is en besighede wat grootskaalse voorraadverliese en vandalisme aangemeld het. Soortgelyke voorbeelde van die impak van hierdie tipe insidente is in die Wes- Kaap gesien, waar periodieke gevalle van oproer groot skade aangerig het aan besighede in die stadskern en omliggende gebiede.
Versekering teen hierdie soort gebeurtenisse is uiters belangrik – nie net vir individue nie, maar ook en veral vir besighede, omdat hulle geneig is om meer blootgestel te wees aan sulke risiko’s, vernaamlik waar plundering betrokke is.
Sasria verskaf tans versekeringsdekking vir spesialisrisiko’s binne die volgende kategorieë: polities gemotiveerde kwaadwillige dade, onluste, oproer, openbare wanorde, stakings en terreurdade. Sasria bied ook ʼn uitbreiding vir sekuriteitkoste wat aangegaan word om dreigende gevaar te voorkom indien daar enige onluste, oproer of openbare wanorde binne ʼn omtrek van 10km is wat jou eiendom in gevaar stel.
Uitsluitings van hierdie dekking is onder meer enige materiële of finansiële verliese wat veroorsaak word of waartoe bygedra word deur terreurdade waarby kern-, chemiese of biologiese wapens betrokke is. Sasria dek slegs bates tot ʼn maksimum perk van R500 miljoen en sluit enige voortvloeiende of indirekte verlies of skade uit.
Beide individue en besighede kan om Sasria-dekking aansoek doen. Die meeste plaaslike versekeraars tree op as agente van Sasria en bied hierdie dekking as ʼn uitbreiding by kliënte se bestaande versekeringspolisse aan. PSG Insure se ervaring is dat besighede kwesbaarder is vir oproer, veral waar plundering of gewelddadige onluste betrokke is.
Sonder hierdie dekking loop besighede gevaar om ernstige finansiële verliese te ly en dat hulle self moet opdok om eiendom en goedere te vervang of te herstel. As hierdie tipe voorkomende beskerming in plek is, kan dit ʼn broodnodige buffer verskaf indien die onvoorsiene gebeur.
Hoewel die dekking deur die Sasria-uitbreiding aangepas sal word om elke kliënt se behoeftes te weerspieël, bied Sasria dekking vir besighede in verskeie sleutelkategorieë – insluitend materiële skade, wat skade aan bates soos eiendom, houers en toerusting dek. In die geval van besighede wat groot hoeveelhede kontant hanteer, sal Sasria ook die verlies van kontant of tjeks dek.
Die produk dek ook alle goedere in transito op Suid-Afrikaanse bodem – hetsy per land, lug of see. Hierbenewens sluit Sasria-dekking motordekking vir kommersiële voertuigvlote asook sleepwaens en busse in. Weens die hoë waarskynlikheid dat ʼn besigheid ná ʼn groot verlies die koste van sakeonderbreking sal moet dra, kan dít ook deur die Sasria-uitbreiding gedek word.
Selfs al is die Suid-Afrikaanse regering steeds die enigste aandeelhouer van Sasria, word die dekking nie outomaties verskaf nie. Dekking moet gekoop word as deel van ʼn polis by ʼn versekeraar wat dekking vir ʼn kliënt se bates verskaf, insluitend eiendom en/of inhoud van eiendom. Die enigste uitsondering op hierdie voorwaarde is dat ʼn kliënt motordekking by Sasria kan aangaan sonder om die voertuig ingevolge sy eie, afsonderlike polis te laat verseker.
Die premie vir hierdie dekking sal ingevorder word deur die versekeringsmaatskappy, wat die toepaslike Sasria-spesifieke bepalings en voorwaardes aan die kliënt sal uitreik. Die premie sal bepaal word deur die waarde van die bates wat deur die onderliggende polis gedek word.
In die geval van ʼn eis sal ʼn kliënt wat hierdie uitbreiding het, hul eis via die betrokke versekeringsverskaffer indien, en die verskaffer sal die eis namens Sasria verwerk. Daarom is dit belangrik om bewus te wees van die beskikbaarheid van hierdie tipe dekking, omdat dit as ʼn uitbreiding verskaf word – nie as ʼn standaardafdeling van ʼn persoonlike of kommersiële versekeringspolis nie. Jou finansiële adviseur sal jou kan help om die regte vlak van Sasria-dekking te kies.
The world of car insurance can be confusing to navigate for first-time car buyers, as there is already so much to consider when selecting the right car and deal. Ultimately, insurance provides a safety net that returns you to the same financial position you were in before an incident occurred. For many, this safety net could make the world of difference when the unexpected happens.
Read moreStay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.