Fraudulent Telegram and WhatsApp groups
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.
July 2025
PSG Insure
“ Om versekerbaar te bly en die risiko te verminder dat eise afgekeur word, moet huis- en besigheidseienaars hul veiligheidstelsels goed in stand hou en sorg dat dit in werking bly. ”
Voorheen kon ʼn mens net jou deure sluit en die alarm stel om jou eiendom te beveilig. Weens verskuiwende weerpatrone en veranderende misdaadtendense is Suid-Afrikaanse versekeraars egter besig om hul taksering van risiko te verander. Om steeds beskerming te verseker, het huiseienaars en besighede versekering nodig wat tred hou met hierdie toenemende bedreigings.
Stygende misdaad bly kommerwekkend
Onlangse misdaadsyfers toon dat residensiële inbrake landwyd steeds die oorheersende eiendomsverwante misdaad is, en 44% van alle eiendomsmisdaad uitmaak.
Om versekerbaar te bly en die risiko te verminder dat eise afgekeur word, moet huis- en besigheidseienaars hul veiligheidstelsels goed in stand hou en sorg dat dit in werking bly. Dit sluit in om seker te maak dat alarmstelsels werk en aan gewapende reaksie en reserwekrag gekoppel is waar nodig; seker te maak alle slotte, hekke en diefwering is in plek; en versekeraars op hoogte te hou van enige strukturele veranderings wat toegangspunte of sigbaarheid beïnvloed.
Addisionele maatreëls om risiko te verminder, soos geslotekring-televisie, elektriese heinings en bewegingsensor-ligte, kan ook help om premies te verlaag of onderskrywingsresultate in hoëmisdaad-gebiede te verbeter.
Weer is die nuwe risiko-uitdaging
Hoewel misdaad ʼn blywende kwessie is, het uiterste weerstoestande die afgelope paar jaar net so ʼn kommerwekkende faktor geraak. Die tragiese oorstromings van Junie 2025 in Mthatha, waarin meer as 100 mense omgekom het en hele buurte onder water was, is ʼn wrange herinnering dat klimaatverwante risiko’s besig is om toe te neem.
Hierdie uiterste weersverskynsels, wat eens as seisoenale fratsweer beskou is, kom nou al hoe meer gereeld voor, met duur gevolge vir die versekerde. Plaaslike versekeraars het oor die afgelope dekade ʼn beduidende toename ondervind in eise wat verband hou met:
Hoe sommige versekeraars jou eiendom se risiko kan beoordeel
Om risikoblootstelling beter te verstaan, gebruik sommige versekeraars nou ʼn metode wat geo-kodering genoem word. Dit gebruik GPS-gebaseerde data, historiese eise-inligting en voorspellende modellering om te bepaal hoe riskant ʼn plek is vir sekere verliese.
Geo-kodering stel versekeraars in staat om nie net te evalueer waar vorige eise plaasgevind het nie, maar ook waar risiko’s in die toekoms kan ontstaan. Areas wat byvoorbeeld nie in die verlede deur vloede getref is nie, kan nou as gevolg van verskuiwende reënvalpatrone en ontoereikende dreinering as hoërisiko-gebiede gemerk word. Insgelyks kan eiendomme wat aan brandbare plantegroei grens, hoër premies hê of heeltemal uitgesluit word van sekere tipes dekking.
Dit beteken jou kwotasie kan geaffekteer word deur waar jou eiendom geleë is, selfs al het jy nog nooit voorheen geëis nie. Indien jou omgewing as hoë risiko geïdentifiseer word, kan versekeraars addisionele voorwaardes stel, bybetalings verhoog of in sommige gevalle selfs die aansoek om dekking afwys.
Hou jou eiendom hierdie winter in stand
Terwyl die kouer maande waarskynlik ʼn bietjie langer sal duur, moenie vergeet om die aanbevole winterinstandhouding te doen om vermybare eise te voorkom en jou polis geldig te hou nie. Dit sluit in om:
Ten slotte is dit belangrik om jou versekeraar in kennis te stel van enige groot veranderings of opknappings – veral as dit die struktuur, gebruik of risikoprofiel van die eiendom raak.
Kry die jongste advies
Terwyl misdaad en klimaatsrisiko’s deurentyd verander, hersien versekeraars gereeld die wyse waarop hulle dekking takseer en pas hul premies daarby aan. As jy ooit onseker is oor hoe hierdie veranderings jou huis- of besigheidsversekering kan raak, sal ʼn adviseur van PSG Insure jou help om jou blootstelling te verstaan, praktiese strategieë te identifiseer om risiko te verlaag, en seker maak dat jy die regte eiendomsversekering het vir jou spesifieke omgewing en behoeftes.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.