Hoekom ontvoer- en losprysversekering vandag noodsaaklik is

Fraudulent Telegram and WhatsApp groups 
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.

Hoekom ontvoer- en losprysversekering vandag noodsaaklik is

Ontvoering vir ʼn losprys en afpersing is ʼn bedreiging wat wêreldwyd toeneem en individue, families en besighede raak. Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPS) se jaarlikse misdaadsyfers het ontvoerings met 264% toegeneem, van 2 692 in 2014/15 tot 17 061 in 2023/24 1.

Ontvoering kan op enige plek gebeur. Ontvoerders kan verskillende individue in die visier hê vir finansiële gewin, maar veral sekere groepe soos kinders, welgestelde persone, bestuurshoofde en toeriste is kwesbaar. In sommige gevalle word besighede ook as deel van afpersings- of intimidasietaktieke geteiken.

Betreklik klein losprysbedrae van sowat R500 000 of minder word in baie gevalle vir die vrylating van ʼn slagoffer geëis waar familie en vriende die geld kan insamel. Die hoogste losprysbedrae wat al in Suid-Afrika vir ontvoering geëis is, is tussen R72 miljoen en R150 miljoen, hoofsaaklik in groot stede soos Johannesburg, Kaapstad, Durban en Polokwane.

Dit is uiters belangrik dat individue en besighede bewus is van hierdie ontvoeringsrisiko’s en toepaslike voorsorgmaatreëls tref om hulself en hul gesinne te beskerm.

Die belangrike rol van ontvoer- en lospryspolisse

  • Finansiële beskerming
    Die polis dek gewoonlik die losprysbetaling, wat ʼn beduidende bedrag kan wees, asook die gepaardgaande koste van onderhandeling, ondersoeke en maatreëls om die vrylating van die slagoffer te verseker.
    Ontvoer- en losprysversekering is veral noodsaaklik vir die beskerming van individue wat as gevolg van hul posisie, status of netto waarde aan risiko blootgestel is. Dit bied meer as net finansiële beskerming tydens ʼn ontvoering, omdat dit ook verseker dat die individue en besighede voorbereid is en die regte protokolle in plek het om gesinslede en sleutelpersone te beskerm.

 

  • Kundige onderhandeling en krisisbestuur
    Die sielkundige en emosionele impak van ʼn ontvoering op slagoffers en hul gesinne kan oorweldigend wees. Die polis bied toegang tot ervare professionele persone soos onderhandelaars, krisisbestuurders en veiligheidskenners. Hierdie professionele persone is opgelei om hoogs stresvolle situasies te hanteer en die vrylating van die ontvoerde persoon op ʼn veilige en doeltreffende manier te bewerkstellig.

 

  • Beskerming vir jou en jou werknemers
    Vakansie- en sakereisigers met ʼn hoë netto waarde verstaan dat ontvoer- en losprysversekering die belangrikste vertrekpunt is vir ʼn internasionale reisprogram, omdat reisigers as ʼn goeie teiken vir ontvoerings geïdentifiseer is.

 

  • Ontvoering by skole
    Kinders van sakeleiers of persone met ʼn hoë netto waarde is dikwels die teiken van ontvoerders, omdat hulle so kwesbaar is. Skoolontvoerings raak al hoe meer algemeen, omdat dit ʼn maklike ontsnaproete vir ontvoerders bied.

Dekking kan uitgebrei word om die volgende in te sluit:

  • Verlies van inkomste: Vir besighede wat weens ʼn ontvoering ontwrig word.
  • Mediese onkoste: Vir enige behandeling of berading wat die slagoffer ná die insident nodig het.
  • Regskoste: Vir enige regskoste met betrekking tot die situasie.
  • Reisonkoste: Indien die slagoffer ver van hul tuiste aangehou word, kan die versekering die familie se reiskoste dek om met die slagoffer herenig te word.

Reputasie- en handelsmerkbeskerming

ʼn Ontvoering kan ʼn besigheid se reputasie geweldig baie skade berokken. Ontvoer- en losprysversekering wys aan kliënte, werknemers en belanghebbendes dat die maatskappy veiligheid as ʼn prioriteit beskou en gereed is om sulke ekstreme situasies te hanteer. Ontvoer- en losprysversekering beskerm nie net die finansiële stabiliteit en reputasie van besighede nie, maar weerspieël ook ʼn verbintenis om die gemeenskap te ondersteun en veilig te hou.

Ontvoer- en losprysversekering gee aan beide individue en besighede gemoedsrus. Die wete dat jy die hulpbronne en kundigheid beskikbaar het om ʼn traumatiese gebeurtenis te hanteer, kan gedurende ʼn krisistyd die wêreld se verskil maak.

Recommended news

Card image cap
InsureInShort
Why kidnap and ransom insurance is essential today

Read more
Card image cap
InsureInShortAfrikaans
Brandveiligheid moet ʼn topprioriteit vir jou besigheid wees

Read more
Card image cap
InsureInShort
Fire safety should be at the heart of your business

Read more
PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2026 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us