Binnebedrog: Risikoverlaging & Getrouheidsversek | PSG

Fraudulent Telegram and WhatsApp groups 
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.

Speel klaar met binnebedrog wat jou besigheid bedreig: Risikoverlaging en die rol van getrouheidsversekering

Daar word geraam dat organisasies jaarliks sowat 5% van hul inkomste weens werknemerbedrog verloor. Terwyl Suid-Afrika weens die hoë voorkoms van organisasiebedrog in die land gereeld bo-aan die lys is van sulke lande suid van die Sahara, behoort getrouheidsversekerings ʼn standaard-beskermingsmeganisme vir elke besigheid te wees.

Getrouheidsversekering, wat bestem is om ʼn besigheid te beskerm teen finansiële verliese wat weens die oneerlike optrede van werknemers gely word, dek ʼn wye spektrum – van kleindiewery tot volskaalse korrupsie, binne spesifieke bepalings en voorwaardes. Tipes werknemerbedrog wat die meeste in Suid-Afrikaanse ondernemings voorkom, sluit in:

1. Diefstal van kontant of voorraad
Aangesien baie plaaslike besighede fisiese voorraad verkoop en geleë is in gebiede waar misdaadsyfers hoog is, is geleenthede volop om bates te verwyder of te misbruik – veral in omgewings met beperkte voorraadnasporing of bewaking.

2. Betaalstaatbedrog
Dit sluit in dat fiktiewe werknemers (spookwerkers) geskep word, werkure te hoog aangegee word, of dat ʼn werknemer wat nie meer in diens is nie nog steeds betaal word. Dit gebeur dikwels in besighede waar die betaalstaat deur ʼn enkele persoon beheer word of waar die mensehulpbronne- en finansiële funksies nie behoorlik geskei is nie.

3. Verkrygingsbedrog
Werknemers kan met kontrakteurs saamspan om pryse op te jaag, duplikaatfakture goedkeur, of besigheid na sekere verskaffers kanaliseer in ruil vir gunslone.

4. Vervalsing van finansiële rekords
Dit sluit manipulering van rekeninge in om verliese toe te smeer, diefstal te verdoesel, of ʼn gunstiger finansiële posisie te weerspieël. Die motivering is dikwels prestasiegebaseerde aansporings of pogings om vorige bedrog te verberg. In besighede waar dieselfde personeel rekordhouding en goedkeurings hanteer, is daar ʼn hoër risiko van ongekontroleerde vervalsing.

5. Misbruik van eise vir uitgawes
Buitensporige, gefabriseerde of gedupliseerde vergoedingseise vir reise, vermaak of voorraad word dikwels as onbeduidend afgemaak, maar hierdie tipe bedrog kan vinnig ʼn aansienlike bedrag beloop – veral in organisasies wat nie ʼn streng uitgawebeleid het nie, of waar eise met die hand verwerk word.

Verlaging van risiko’s
Hoewel dit nie moontlik is om risiko heeltemal uit te skakel nie, is daar praktiese stappe wat ʼn besigheid kan doen om blootstelling aan werknemerbedrog tot die minimum te beperk, soos:

  • Toepassing van interne beheermaatreëls
  • Gereelde rekonsiliasies en oudits
  • Deeglike keuring van nuwe werknemers
  • Monitering van transaksiedata vir ongewone patrone, soos gereelde terugsendings, duplikaatbetalings, of herhaalde klein verliese
  • Vestiging van ʼn oop kultuur wat werknemers aanmoedig om enigiets wat verdag lyk aan te meld – vertroulike kanale vir fluitjieblasers kan doeltreffend wees.

Getrouheidsversekering: jou finansiële veiligheidsnet
Selfs met die beste prosesse in plek, is geen besigheid immuun teen interne risiko nie. Hoeveel dekking jy nodig het, sal afhang van jou risikoprofiel en ander sleutelfaktore soos jou personeelvlakke, voorraadbeweging, en enige potensiële aansporings vir interne bedrog.

ʼn Begrip van hoe om jou versekering doeltreffend saam te stel, is net so belangrik soos om die regte dekking in plek te hê. ʼn Ervare adviseur kan jou help om jou blootstelling aan interne bedrogrisiko’s te evalueer en toepaslike dekkingsvlakke te bepaal, en sorg dat jou besigheid aan die vereistes voldoen om in die toekoms ʼn geldige eis te kan indien. Getrouheidspolisse vereis byvoorbeeld dikwels dat die bedrieglike aktiwiteit tot finansiële gewin vir die werknemer moes gelei het en binne ʼn bepaalde tydperk moes gebeur het.

Gesels met ʼn adviseur van PSG Insure om seker te maak jou besigheid word van binne beskerm. Die adviseur sal jou ook leiding kan gee oor aanvullende tipes dekking, soos kuberversekering of professionele skadeloosstelling, wat in meer komplekse gevalle met interne bedrog kan oorvleuel.

Recommended news

Card image cap
InsureInShortAfrikaans
Hoe veranderende weer- en misdaadtendense jou eiendomsversekering raak

Read more
Card image cap
InsureInShort
How changing weather and crime trends impact your property insurance

Read more
Card image cap
InsureInShort
Furnished, semi-furnished, or unfurnished property? Insurance essentials for rental properties

Read more
PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2026 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us