Hoe om van Versekeringsverskaffers te Verander| PSG Insure

Fraudulent Telegram and WhatsApp groups 
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.

Wanneer Dit Tyd is Vir ʼn Verandering: Advies Vir Sake-Eienaars om Sonder Haakplek van Versekeraar te Verander

Of hulle nou op soek is na ʼn polis met beter waardetoevoegingsvoordele of iets wat meer geskik is vir hul unieke besigheidsbehoeftes, sake-eienaars sal heel moontlik een of ander tyd oorweeg om van versekeringsverskaffer te verander. Die oorskakeling kan redelik maklik wees, mits die sake-eienaar die regte dokumente byderhand het en ook ʼn duidelike begrip het van watter tipe(s) dekking hulle nodig het. Die leiding van ʼn adviseur sal egter beslis van onskatbare waarde wees om die proses te vereenvoudig.

Hoekom verander?


Sake-eienaars kan dit nodig ag om van versekeraar te verander terwyl hul besigheid deur verskillende groeifases beweeg. In die loop van hul besigheid kan hulle bates soos kantooreiendom, IT-toerusting of voertuie aanskaf. Besighede kan veranderings ondergaan soos geografiese verskuiwing, spanuitbreiding of die aanstelling van nuwe direkteure en bestuurshoofde. Te midde van hierdie veranderende omstandighede en behoeftes sal hulle moontlik agterkom dat daar sekere noodsaaklike kenmerke en toevoegings is wat nie deur hul huidige versekeraar aangebied word nie.

Of dit nou meer omvattende dekking, addisionele polisbyvoordele of gespesialiseerde planne vir spesifieke behoeftes is, polishouers kan verplig voel om oor te gaan na ʼn verskaffer wat ʼn meer omvattende en nommerpas reeks versekeringsopsies aanbied.

Koste en bekostigbaarheid is ook redes waarom sake-eienaars besluit om van versekeringsverskaffer te verander. Premies kan mettertyd wissel, in reaksie op ontwikkelende markfaktore. Wanneer premies verhoog word, sal polishouers miskien oorweeg om van versekeraar te verander as ʼn kostebesparende maatreël wat finansiële druk op kontantvloei verminder, deur maandelikse uitgawes tot die minimum te beperk.

Nog ʼn algemene rede om van versekeraar te verander, is ontevredenheid met die kliëntediens of eisehantering van hul huidige versekeraar. Indien polishouers probleme ondervind om eise te laat verwerk, vertragings met uitbetalings ervaar of swak ondersteuning tydens die eisproses ontvang, sal hulle dalk ʼn meer op-en-wakker en betroubare versekeraar kies.

Wenke wanneer jy van versekeraar wil verander


Heel moontlik die belangrikste aspek om te oorweeg wanneer jy wil skuif, is om die dekking te vergelyk wat verskillende versekeraars aanbied. Let op die polisuitsonderings, -uitsluitings en perke om seker te maak die polis voldoen aan jou vereistes en bied genoeg dekking vir jou besondere behoeftes en unieke sakemodel.

En hoewel kostebesparing ʼn geldige rede is om van versekeringsverskaffer te verander, is dit ook uiters belangrik om die regte balans tussen bekostigbaarheid en behoorlike dekking te kry. Vra by verskeie versekeraars kwotasies aan om premies, bybetalings en enige bykomende fooie te vergelyk. Oorweeg hoe hierdie verskille in koste jou begroting gaan raak, en maak seker jy verstaan wat deur die nuwe polis gedek word teen die gegewe premie.

Vir kliënte wat meer omvattende versekeringsbehoeftes het, kan dit die moeite werd wees om ʼn reeks polisse by een verskaffer aan te gaan en op dié wyse die premiekoste te verminder. Dit kan goedkoper en geriefliker wees as om verskillende produkte by verskillende versekeraars te koop.

Dit kan ook help om bietjie navorsing te doen oor die reputasie en kliëntediens-geskiedenis van die versekeringsmaatskappye wat oorweeg word. Kyk na aanlyn kommentaar, terugvoer en klagtes van kliënte om te bepaal hoe versekeraars kliënteverhoudinge bestuur en verhoudinge bou. Die kanse is groter dat ʼn maatskappy wat bekend is vir uitnemende kliëntediens, jou ʼn moeitevrye ervaring sal bied wanneer jy moet eis of hulp verlang.

Die tydsberekening van die oorskakeling moet ook sorgvuldig beplan word, om seker te maak jy het ononderbroke dekking. Maak seker jou nuwe polis is van krag voordat jy die bestaande polis kanselleer. Gaan ook die kansellasieproses van jou huidige polis na om te verseker dat enige kennisgewingsperiodes behoorlik nagekom is.

Kry die hulp van ʼn adviseur


ʼn Versekeringsadviseur kan gedurende die hele proses waardevolle leiding gee. As ervare professionele persone en risikospesialiste, is hulle die beste in staat om ʼn deeglike ontleding van jou bestaande polis en huidige dekking te doen en dan enige gapings of geleenthede vir verbetering te identifiseer.

Een van die belangrikste voordele wat dit inhou om die oorskakeling met die hulp van ʼn versekeringsadviseur aan te pak, is dat hulle die akkuraatste vergelykings tussen verskaffers en versekeringsprodukte kan doen. Met kundige en objektiewe advies bemagtig versekeringsadviseurs individue om goed ingeligte besluite te neem wat op die betrokke persoon se voorkeure en vereistes berus.

Boonop kan ʼn vennootskap met ʼn adviseur baie help om die administratiewe las wat met oorskakeling gepaardgaan, te verlig. Adviseurs kan die nodige papierwerk hanteer, met die kansellasie van die bestaande polis help en ʼn seepgladde oorskakeling na die nuwe versekeringsverskaffer verseker. Dit sal sorg dat daar nie leemtes in die dekking is nie en dat die besigheid in die hele proses deurgaans beskerm word.

Verder kan versekeringsadviseurs ook ingewikkelde versekeringsvoorwaardes en -bepalings op ʼn duidelike en verstaanbare manier verduidelik, om seker te maak kliënte begryp die implikasies van verskillende poliskenmerke. Adviseurs kan ook aandag gee aan enige vrae of kwellings wat gedurende jou versekeringsreis ontstaan.

Met behulp van die kundigheid van versekeringsadviseurs kan individue die versekeringsmark met vertroue en gemoedsrus aanpak, in die wete dat hulle toegerus is om goed ingeligte versekeringsbesluite te neem wat in hul belang is.

Recommended news

Card image cap
InsureInShort
When it’s Time For a Change: Advice for Business Owners on How to Switch Insurance Providers with Minimal Stress

The process of switching can be relatively simple, provided that business owners have the required documentation on hand as well as a clear understanding of what kind(s) of cover they need. However, the guidance of an adviser will most certainly be invaluable in streamlining this process.

Read more
Card image cap
InsureInShortAfrikaans
Vier maniere om jou eiendom hierdie winter te beskerm

Hoewel die winterseisoen miskien gedagtes aan ʼn knetterende kaggelvuur en knus wintersaande tuis oproep, hou die kouer maande ʼn hele paar risiko’s in vir huiseienaars. Lae temperature en winderige weer, asook swaar reënval in sommige dele van die land, kan groot skade aanrig wat huiseienaars duur te staan kan kom. Met ʼn proaktiewe benadering tot sommige van hierdie risiko’s kan jy egter ʼn veilige en stresvrye winterseisoen vir jou en jou huis verseker.

Read more
Card image cap
InsureInShort
Debunking four of the biggest myths around short-term insurance for small businesses

Managing and running a successful small business in South Africa is no small feat. Entrepreneurs face a variety of challenges at different phases of their business’s journey. One challenge that emerges right from the start, however, is the responsibility every business owner has to understand their unique risk exposure and find ways to be as well prepared as possible for the unexpected.

Read more
Card image cap
InsureInShort
Proactivity and preparedness key to prepare for possible grid failure

Load shedding – a measure implemented by Eskom to address mounting pressures on the national electricity grid – has been a South African reality since 2007. However, the past few years have seen a dramatic increase in the severity of scheduled blackouts as Eskom attempts to deal with multiple infrastructural problems as well as theft and vandalism.

Read more
PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2026 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us