Fraudulent Telegram and WhatsApp groups
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.
March 2024

PSG Insure

Daar was die afgelope jaar ʼn beduidende toename in die getal mense wat dit oorweeg om in sonkragtegnologie vir huishoudelike gebruik te belê. Ondanks die gerief, potensiële kostebesparing en opgradering van ʼn huis wat met die huur of besit van sonkragpanele gepaardgaan, hou dit ook verskeie risiko’s in.
Die regte tipe en vlak van versekeringsdekking kan ʼn buffer bied teen onverwagte finansiële verliese wat deur die beskadiging, vernietiging of diefstal van sonkragtoerusting veroorsaak word. Dit is net so belangrik dat die versekerde ʼn duidelike begrip moet hê van waarvoor hulle gedek is en wat hul verantwoordelikhede is wat die bestuur van die verwante risiko’s betref.
Uit ʼn versekeraar se oogpunt sal sonkragpanele as permanente los of vaste toebehore van ʼn huis kwalifiseer. Dit beteken die versekerde bedrag op jou geboue-/huiseienaarsversekeringspolis moet dienooreenkomstig aangepas word, sodat die uitbetaling in die geval van ʼn eis die vervangings- of herstelkoste van die sonkragpanele sal insluit.
In die geval van ʼn huurder wat besluit om sonkragpanele op die huureiendom te installeer, sal die toestemming van die eienaar van die eiendom of die regspersoon van die gebou natuurlik hiervoor verkry moet word. Dan kan die huurder, na gelang van watter versekeraar hulle gebruik, versoek dat die waarde van die sonkragpanele by die versekerde bedrag van hul huisinhoudversekeringspolis ingesluit word. Ander versekeraars kan afsonderlike afdelings hê waarby sonkragpanele ingesluit moet word. Die benadering sal van versekeraar tot versekeraar verskil.
Daar is ook gevalle waar dit vir individue finansieel meer bekostigbaar kan wees om sonkragpanele te huur in plaas van te koop. In sulke gevalle is dit belangrik dat die persoon ʼn duidelike begrip het van die huurkontrak van die toerusting en of dit bepaal dat die plig om te sorg dat die panele in die geval van ʼn verlies gedek is, op die maatskappy wat die panele verhuur of op die persoon rus.
Wat die versekering van sonkragpanele betref, is daar nie een oplossing wat almal pas nie – eenvoudig omdat elke kliënt se behoeftes anders is en elke versekeraar dekking volgens hul unieke produkreeks sal verskaf. Om hierdie rede is dit uiters belangrik om die bepalings en voorwaardes soos uiteengesit in die polisdokument te lees, en noukeurig aandag te gee aan waarvoor jy gedek is, wat die voorvereistes is om gedek te word, en enige uitsluitings wat kan geld.
Alle versekeraars vereis dat die sonkragpanele deur ʼn gesertifiseerde installeerder geïnstalleer word wat ʼn elektriese nakomingsertifikaat kan uitreik wanneer die werk afgehandel is.
Hierbenewens moet installerings aan verskeie bedryfstandaarde voldoen, wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (SANS) genoem word. Dit is ʼn reeks standaarde en kodes wat gebruik word om die veiligheid, gesonde toestand en volhoubaarheid van geboue te verseker. Versekeraars sal in alle gevalle vereis dat ʼn ingenieursertifikaat ingedien word wat verifieer dat die installering in ooreenstemming met hierdie standaarde voltooi is.
Jou polisbewoording sal meld watter uitsluitings geld – byvoorbeeld elektriese foute, enige defektiewe komponente of komponente wat nie aan SANS-kodes voldoen nie, enige komponente wat deur ʼn vervaardiger se waarborg gedek word, gewone slytasie, en elektriese netwerkfaling.
Wanneer moontlike versekeringsopsies bespreek word, is dit uiters belangrik dat die dekking by jou behoeftes aangepas word, met volle openbaarmaking van wat gedek én wat uitgesluit word. Verder is dit belangrik dat jy goed ingelig moet wees oor die installeringsregulasies waaraan kragopwekkers en sonkragstelsels onderhewig is.
ʼn Begrip van die nodige instandhoudingsprosedures vir hierdie stelsels is ook noodsaaklik om die voortgesette funksionaliteit en gebruiksduur daarvan te verseker. As jy met hierdie inligting toegerus is, kan jy ingeligte besluite neem en jou belegging in reserwekragbronne met die nodige toewyding en sorg doeltreffend bestuur.




The world of car insurance can be confusing to navigate for first-time car buyers, as there is already so much to consider when selecting the right car and deal. Ultimately, insurance provides a safety net that returns you to the same financial position you were in before an incident occurred. For many, this safety net could make the world of difference when the unexpected happens.
Read more
Huis koop is een van die grootste beleggings wat die meeste mense in hul leeftyd sal aangaan, en dit kan redelik stresvol wees. Daar is baie aspekte om te oorweeg voordat die kontrak geteken word: huislenings, oordragkoste, verbandregistrasie, en natuurlik versekering.
Read moreStay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.





