Fraudulent Telegram and WhatsApp groups
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.
May 2025

PSG Insure

“ Jou versekeraar weet immers nie presies hoe jou huishouding daagliks werk nie – aanvaar dus die verantwoordelikheid om die besonderhede te verskaf wat hulle in staat sal stel om jou posisie te herstel tot waar dit was voordat die eis ontstaan het. ”
Daar is waarskynlik baie huiseienaars wat hul versekeringspolisse met ʼn trekkoord vergelyk – die handvatsel wat jy trek om ʼn valskerm oop te maak wanneer jy vry val. Tot dan is dit net ʼn stuk papier wat stof vergaar en eers uitgehaal moet word wanneer die oomblik aanbreek – en ons hoop dit gebeur nooit nie. Om jou versekeringspolis vir jou te laat werk, verg egter ʼn meer “praktiese” benadering. Jy sal dalk aangenaam verras wees om uit te vind hoe baie dit kan beteken as jy ʼn bietjie huiswerk doen – veral in die geval van ʼn onverwagte eis.
Insidente wat deur hael, water, weerlig en ander negatiewe weerstoestande veroorsaak word, is moeilik om te voorspel en die skade wat dit aanrig, kan groter wees as wat baie huiseienaars besef.
Die goeie nuus is dat daar proaktiewe stappe is wat jy kan doen om die potensiële skade tot die minimum te beperk. Hierdie voorsorgmaatreëls sal nie net help om die stres en ongerief van eiendomskade te verminder nie, maar kan ook die proses help vereenvoudig indien ʼn eis ontstaan.
Doen gereeld instandhouding
Terwyl globale verwarming toeneem, is dit belangrik om gereeld instandhouding te doen om die impak van stormskade te verminder. Verwyder gereeld blare, takke en oorblyfsels uit geute en geutpype sodat stormwater ongehinderd kan afloop in stormwaterdreine. Op die lang duur kan dit moontlike lekkasies en interne waterskade aan jou eiendom asook die waardevolle items in jou huis verminder.
Nog ʼn belangrike manier om skade te beperk, is dakonderhoud. Huiseienaars moet dakke nagaan vir gebreekte of gekraakte dakteëls. Selfs die kleinste skade aan ʼn dakteël kan ʼn swakplek wees wat uiteindelik vererger word deur wind, hael of reën. Dis ook uiters belangrik om jou dak waterdig te maak – nie net om jou eiendom teen waterskade te beskerm nie, maar ook om die dak se lewensduur te verleng en skimmel en muf te voorkom.
Weerligslae raak al hoe meer prominent in sekere areas. Om die impak van ʼn weerligslag teen te werk, kan stuwingsbeskerming by jou verdeelbord ingebou word, of gebruik stuwingsbeskerming op kragproppe vir elektroniese toestelle. Hierdie voorsorgmaatreëls het die afgelope paar jaar besonder belangrik word, terwyl wisselende beurtkrag tot kragstuwings lei wanneer die krag weer aangaan.
Ken jou polisvoorwaardes
Gereelde onderhoud is nie net ʼn doeltreffende manier om onnodige eise te voorkom nie, maar ook nodig om te sorg dat die polisvoorwaardes nagekom word. Die meeste versekeraars stipuleer in die polisvoorwaardes dat polishouers alle verantwoordelike stappe en voorsorgmaatreëls moet doen en tref om ongelukke of verliese te voorkom.
Elke polis sal bepalings en voorwaardes insluit wat die versekerde moet nakom om ʼn geldige eis te kan indien. Hierdie voorwaardes sal van polis tot polis verskil en van verskillende faktore afhang, soos jou risikoprofiel, die geografiese ligging van jou huis, die vervangingswaarde van wat verseker is, en jou dekkingsvlak.
Na gelang van die betrokke risikofaktore kan versekeraars (en hul onderskrywers) byvoorbeeld strenger onderskrywingskriteria voorstel vir areas waar eise vir diefstal van los en vaste toebehore meer voorkom. Die onderskrywingskriteria kan insluit dat addisionele veiligheidsmaatreëls by die perseel geïnstalleer moet word. In hierdie gevalle is dit die huiseienaar se verantwoordelikheid om nakoming van die bepalings en voorwaardes te verseker, om seker te maak dat eise vir hierdie insidente erken word.
Hou jou rekords agtermekaar
Nog ʼn noodsaaklike plig van ʼn huiseienaar wat dikwels geïgnoreer word, is om rekords te hou. Aangesien versekeringspolisse gewoonlik eiendom op ʼn vervangingswaarde-grondslag dek, is dit belangrik om te sorg dat jou huis en huisinhoud vir die huidige vervangingskoste van jou versekerde eiendom verseker is – in plaas van verouderde waardasies of die markwaarde.
Versuim om dit vir die vervangingswaarde te verseker, sal meebring dat die eiendom onderverseker is. In die eisstadium sal die versekeringsmaatskappy die eweredigheidsklousule ten opsigte van onderversekering gebruik. Dit beteken die polishouer is dan verantwoordelik om die verskil tussen die vervangingswaarde en die onderversekerde waarde te dek, en sal gevolglik finansiële verliese ly.
Dit is raadsaam om duidelike foto’s van waardevolle items te neem, kwitansies en waarborge digitaal te stoor en gebruikersgidse te hou indien moontlik. Hierdie rekords kan as bewys van eienaarskap dien in die eisstadium, en versekeraars help om ʼn beter begrip te kry van die items wat vervang moet word.
Jou versekeraar weet immers nie presies hoe jou huishouding daagliks werk nie – aanvaar dus die verantwoordelikheid om die besonderhede te verskaf wat hulle in staat sal stel om jou posisie te herstel tot waar dit was voordat die eis ontstaan het. Sonder hierdie bewyse kan selfs ʼn geldige eis vertraag of verminder word.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.





