Afstandwerk vs ʼn klein besigheid wat van die huis af bedryf word: hier is die implikasies vir korttermynversekering | PSG Insure

Afstandwerk vs ʼn klein besigheid wat van die huis af bedryf word: hier is die implikasies vir korttermynversekering

Die korttermynversekeringsbedryf is gedurig aan die ontwikkel, omdat versekeringsprodukte en -dienste by die veranderende eise van verbruikers en besighede moet aanpas terwyl die risikolandskap ook verander.

Die pandemiejare is ʼn goeie voorbeeld van ʼn tydperk in die geskiedenis waarin die konvensionele orde van besigheid ontwrig is. Skielike veranderings, soos die verskuiwing van ʼn groot persentasie van Suid-Afrika se werkmag na werk van die huis af weens Covid-19-inperkings, het aanleiding gegee tot nuwe risiko’s wat deur adviseurs en versekeraars in ag geneem moes word.

Na die pandemie het baie maatskappye hul benadering tot werk verander, deur werknemers toe te laat om hetsy heeltyds van die huis af te werk of ʼn hibriede werkmodel te volg. Dit het by baie werkgewers en werknemers vrae laat ontstaan oor hoe werk van die huis af die aard of vlak van hul versekeringsdekking raak. Insgelyks het entrepreneurs wat hul besigheid geheel en al van die huis af bedryf ook begin vrae vra in verband met die versekering van hul persoonlike bates wat vir besigheidsdoeleindes gebruik word.

Bepaal watter party die risiko dra
Die belangrikste onderskeid wat gemaak moet word, is om te bepaal watter party die risiko dra wanneer werknemers van die huis af werk, teenoor wanneer entrepreneurs ʼn klein onderneming van die huis af bedryf.

In die geval van werknemers wat toerusting gebruik wat aan hul werkgewer behoort – soos skootrekenaars, selfone of drukkers – sal die werkgewer vir die versekeringsdekking op hierdie items verantwoordelik wees. Dit is belangrik dat werkers nagaan of hul toerusting genoegsaam deur die werkgewer verseker word, en of daar ʼn werkplekbeleid is in verband met hoe die toerusting beskerm moet word in transito of wanneer dit gestoor word. Dit is ook die werkgewer se verantwoordelikheid om seker te maak dat die versekeraar in kennis gestel word van enige verandering in die risiko-adres, indien werknemers enige maatskappybates soos drukkers of kantoormeubels gebruik om van die huis af te werk.

Persoonlike versekering en afstandwerk
Indien werknemers hul eie, persoonlike toerusting vir werkdoeleindes gebruik, kan hierdie items as deel van ʼn huisinhoud- of allerisiko-polis verseker word. Hoewel dit nie noodsaaklik is nie, kan polishouers hul versekeraar in kennis stel dat hulle hul toerusting vir beide persoonlike en besigheidsdoeleindes gebruik.
In die geval van werk van die huis af is dit oor die algemeen nie nodig om wesenlike veranderings aan die samestelling van persoonlike versekeringspolisse aan te bring nie.

In die geval van entrepreneurs wat besluit het om hul besigheid van die huis af te bedryf, is daar ʼn aantal faktore wat in ag geneem moet word.

Besigheidsversekering vir kleinsake-eienaars met tuiskantore
Besigheidsversekering hou beduidende voordele in vir entrepreneurs wat hul huis as kantoor gebruik. ʼn Besigheidsversekeringspolis sal werkverwante risiko’s dek wat miskien nie deur ʼn persoonlike polis gedek word nie. Dit sluit enige derdeparty-aanspreeklikheidseis in wat kan ontstaan indien ʼn kliënt of kollega die besigheidseienaar by die tuiskantoor besoek en op die perseel beseer word.

Entrepreneurs wat hul besigheid van die huis af bedryf, kan ook baie baat vind by die insluiting van ʼn kuberrisiko-versekeringsproduk by hul besigheidspolis. Dit is veral belangrik vir Suid-Afrikaanse klein en middelslag-ondernemings (KMO’s) wat kliëntedata stoor, terwyl die land een van die grootste kubermisdaad-teikengebiede in die wêreld is.

Diegene wat groot hoeveelhede kliëntedata insamel en op hul persoonlike toestelle of in die wolk stoor, is veral kwesbaar vir hierdie tipe risiko. Hulle moet voorsiening maak om hulself te beskerm – deur ʼn polis as veiligheidsnet in plek te hê en goeie “kuberhigiëne”-praktyke toe te pas.

Die bykomende risiko’s van beurtkrag
Werknemers en besigheidseienaars wat van die huis af werk, is ook kwesbaar vir die unieke risiko’s wat met beurtkrag gepaardgaan. Dekking vir alternatiewe energieprodukte soos sonkragstelsels, kragopwekkers en wisselrigtoestelle (inverters) wat vir gebruik by die huis gekoop is, sal deel wees van ʼn persoonlike polis. Die feit dat die persoon van die huis af werk of ʼn besigheid bedryf, sal nie ʼn invloed op hul persoonlike polis hê nie.

In albei gevalle moet polishouers egter seker maak dat hulle hul verantwoordelikhede verstaan ten opsigte van die beskerming van hul perseel teen enige moontlike skade wat uit deurlopende beurtkrag kan voortspruit. Dit kan maatreëls insluit soos om stuwingsbeskermers op alle kragproppe aan te bring of op die elektriese verdeelbord te laat installeer, en seker te maak dat hulle nakomingsertifikate vir die huis se elektriese stelsel het en dat brandveiligheidsmaatreëls in ag geneem word.

As jy onseker is oor watter dekking die beste vir jou spesifieke omstandighede sal wees, gesels met jou versekeringsadviseur oor die opsies wat vir jou beskikbaar is.

Recommended news

Card image cap
InsureInShort
Remote working versus running a small business from home: these are the implications for short-term insurance

The short-term insurance industry is constantly evolving, with developments in the risk landscape requiring insurance products and services to adapt to changing consumer and business demands.

Read more
Card image cap
InsureInShort
Motorbike insurance: an effective safeguard against risks on South African roads

While most South Africans are aware of the undeniable importance of car insurance, the need for motorbike insurance appears to be a point that is not highlighted as often as insurance for its four-wheel counterparts. As a result, ensuring that a motorbike has sufficient cover might not be top of mind, even though the insurance considerations are similar to those of a car. A key part of being a responsible motorbike owner in South Africa involves selecting the right cover that helps to protect against the risks that exist on the country’s roads.

Read more
Card image cap
InsureInShortAfrikaans
Onthou om jou versekeringspolis te hersien voordat jy die nuwe jaar aanpak

Versekeringspolisse moenie as statiese ooreenkomste beskou word wat net een keer aangegaan word nie. Korttermynversekeringsprodukte is juis bedoel om saam met jou en jou gesin te ontwikkel soos jou lewe vorder, en by jou veranderende behoeftes aan te pas.

Read more
Card image cap
InsureInShort
Ready to travel? Make sure you’re covered for the risks involved before heading out the door

The end of the year typically sees an increase in domestic and international travel, with many South Africans using the school holidays and the festive period to discover and explore new destinations. This year, we could see international travel move closer to pre-pandemic levels once again. Because, after several years of travel plans being severely curtailed by pandemic-related restrictions, many are now choosing to dust off their travelling shoes and venture abroad again.

Read more
Card image cap
InsureEnglishInShort
The first-time car buyer’s guide to insurance

The world of car insurance can be confusing to navigate for first-time car buyers, as there is already so much to consider when selecting the right car and deal. Ultimately, insurance provides a safety net that returns you to the same financial position you were in before an incident occurred. For many, this safety net could make the world of difference when the unexpected happens.

Read more
PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us