Vyf maniere waarop ʼn versekeringsadviseur jou finansiële toekoms kan help beveilig | PSG Insure

Vyf maniere waarop ʼn versekeringsadviseur jou finansiële toekoms kan help beveilig

ʼn Versekeringsadviseur is in die verlede miskien bloot as ʼn “tussenganger” beskou. Die persepsie van so ʼn adviseur was dikwels dié van ʼn tipe verkoopspersoon, wat hoofsaaklik versekeringspolisse aan kliënte verkoop om dekking vir hul eiendom en besittings te verskaf, en hulle met die eisproses te help. In die snelveranderende wêreld van vandag word daar egter al hoe meer van adviseurs verwag om meer as net produkspesialiste te wees. Adviseurs is besig om hulself te vestig as waardevolle vennote met ʼn unieke begrip van hul kliënte se risiko’s. Terwyl die tipe en vlak van risiko’s gedurende ʼn kliënt se leeftyd deurentyd verander, speel adviseurs ʼn belangrike rol om kliënte te help om nuwe en ontwikkelende risiko’s die hoof te bied. Hulle help kliënte ook met beplanning om verliese te verminder en uiteindelik te verseker dat kliënte optimale finansiële gesondheid handhaaf deur die regte soort dekking te kies en goeie risikobestuurstrategieë te volg.

  1. Die regte dekkingsbedrag en vlak van dekking soos jou lewe verander
    Dit is belangrik om seker te maak dat versekeringspolisse relevant bly vir kliënte se leefstyl en veranderende behoeftes oor die jare, en dit is hier waar adviseurs werklik ʼn verskil kan maak en baie waarde kan toevoeg.

    Die versekeringsbehoeftes van ʼn huishouding met kinders sal byvoorbeeld verander wanneer die kinders universiteit toe gaan of die huis verlaat en hul eie blyplek kry. Op hierdie stadium sal ʼn motorversekeringspolis moontlik aangepas moet word om die verandering in die hoofbestuurder van die voertuig aan te dui, wat beteken die kliënt se maandelikse premie kan verander.

    Wanneer adviseurs kliënteverhoudinge bou wat gereelde, oop gesprekke aanmoedig, stel dit hulle in staat om die mees toepaslike advies aan kliënte te gee – onder andere oor hoe kliënte hul versekeringspolisse kan aanpas soos hul lewe oor die jare verander.

  2. Inligting oor ontwikkelinge in die bedryf
    Nog ʼn belangrike voordeel van ʼn goeie verhouding met jou adviseur is dat jy toegang kry tot die jongste inligting oor die impak van maatskaplike, ekonomiese, geografiese en tegnologiese ontwikkelinge op die tipe en vlak van dekking wat jy nodig het.

    ʼn Sleutelvoorbeeld hiervan is die skerp toename in kubermisdaad – veral in Suid-Afrika, wat al bekend geword het as een van die wêreld se kwesbaarste lande vir opportunistiese kubermisdaad.

    Deel van ʼn adviseur se rol is om op hoogte te bly van hierdie soort ontwikkelinge en om veranderings en risiko’s aan hul kliënte te kommunikeer. Vir besigheidseienaars wat in kuberversekering moet belê, kan hul adviseur ʼn uiters belangrike bron van inligting en insigte wees oor risiko’s wat andersins miskien buite rekening gelaat sou word.

  3. Kundige hulp gedurende die eisproses
    Adviseurs vervul ook ʼn baie waardevolle rol in die eisproses. Met die volledige geskiedenis van hul kliënte se polisse as agtergrond, kan adviseurs kliënte die beste bystaan om eise op die regte wyse in te dien. Waar nodig, kan hulle ook kliënte help om dokumente wat ingedien moet word bymekaar te sit, en die eisproses op te volg. Adviseurs kan ook die eisproses help vereenvoudig, seker maak dat uitbetalings betyds gedoen word, en dat enige geskille ingedien en so doeltreffend as moontlik hanteer word.

  4. ʼn Deeglike begrip van jou rol wat die beskerming van jou bates betref
    Polisse bevat spesifieke klousules, met ʼn uiteensetting van die bepalings en voorwaardes wat in die geval van ʼn eis nagekom moet word. Kliënte wat byvoorbeeld versekering teen diefstal of inbrake uitgeneem het, moet seker maak dat hul veiligheidstelsels (soos elektriese heinings) ten volle in werking bly tydens beurtkrag. Adviseurs kan ʼn sleutelrol vervul deur kliënte met praktiese hulpmiddels en insigte te help sorg dat hul verantwoordelikhede nagekom word.

  5. Ondersteuning om finansiële welstand te handhaaf
    Nog ʼn belangrike rol van adviseurs is om kliënte te help om optimale finansiële welstand te bereik, terwyl versekering die doeltreffendste manier bied waarop kliënte hul bates kan beskerm en risiko kan verminder. Kliënte het ook versekering nodig vir beskerming teen die onvoorsiene. Genoegsame dekking sal broodnodige gemoedsrus gee en is een van die sleutelelemente van gesonde finansiële bestuur, om jou persoonlike welvaart sowel as die finansiële toekoms van jou besigheid te beskerm.

    In baie gevalle, en vir baie kliënte, lewer adviseurs ʼn diens wat oor geslagte heen strek, deur individue en families te help om die bates te beskerm wat hulle oor hul leeftyd opbou. Daarom beveel ons aan dat kliënte hul adviseurs op hoogte hou van groot veranderings in hul lewe.

    Adviseurs het ʼn magdom ervaring en kundigheid ten opsigte van baie verskillende tipes portefeuljes. Hul unieke en uitgebreide kennis is van onskatbare waarde en kliënte word aangemoedig om hierop staat te maak en dit te benut.

Recommended news

Card image cap
InsureInShort
Five ways an insurance adviser can help secure your financial future

Traditionally, an insurance adviser may have been seen as the ‘middleman’. Often, they were regarded as a type of salesperson, primarily selling clients insurance policies to provide cover on their properties and possessions, as well as assisting them with the claims process. However, in today’s rapidly evolving world, advisers are increasingly called upon to be more than just product specialists. Instead, advisers are now fully entrenching themselves as valuable partners with a unique and an agile understanding of their clients’ risks. As the nature and level of risk continues to change throughout a client’s lifetime, advisers play an important role in helping clients mitigate new and emerging risks. They also assist clients with planning to help mitigate losses and ultimately ensure that clients maintain optimal financial health, by selecting the right kind of cover and adopting sound risk management strategies.

Read more
Card image cap
InsureInShort
Remote working versus running a small business from home: these are the implications for short-term insurance

The short-term insurance industry is constantly evolving, with developments in the risk landscape requiring insurance products and services to adapt to changing consumer and business demands.

Read more
Card image cap
InsureInShortAfrikaans
Remember to refresh your insurance policy before embracing the new year

Insurance policies shouldn’t be seen as static agreements that are concluded as one-off arrangements. Instead, short-term insurance products are designed to evolve along with you and your family as your life takes shape, adapting to your changing needs.

Read more
Card image cap
InsureInShort
Die waarde van advies in ʼn strawwe ekonomiese klimaat

Party besighede het die afgelope jaar nie baie groei ondervind nie, as gevolg van die voortgaande pandemie-verwante beperkings en kontant-arm verbruikers. ʼn Somber ekonomiese landskap bring dikwels mee dat maatskappye inisiatiewe aanpak om uitgawes te besnoei. Dít kan weer lei tot groter blootstelling aan risiko, wat die winslyn verder onder druk plaas. Besnoeiing van versekeringskoste moet versigtig benader word, en dit is juis hier waar finansiële adviseurs die meeste waarde kan toevoeg vir hul kliënte.

Read more
Card image cap
InsureInShort
Advice on commercial property insurance for young South African entrepreneurs

South African small businesses are faced with several unique challenges, as well as specific types and levels of risk. A strategic approach to long-term growth and a solid risk mitigation strategy can help to protect your venture from the unforeseen, so that your business can become one of the millions that fuel the South African economy.

Read more
PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us