Hoe besighede hulself teen bedrog kan beskerm | PSG Insure

Hoe besighede hulself teen bedrog kan beskerm

Suid-Afrika se onstuimige ekonomiese klimaat het plaaslike besighede se blootstelling aan verskeie beduidende risiko’s verhoog. Van hierdie risiko’s hou spesifiek verband met bedrog. Die twee algemeenste risiko’s is bedrieglike aktiwiteite of diefstal wat deur werknemers gepleeg word, en die groot risiko van kubermisdaad. Om ʼn besigheid teen die finansiële impak en reputasieskade te beskerm wat dikwels met hierdie insidente gepaardgaan, verg voorkomende maatreëls regdeur die maatskappy, asook die regte versekeringsdekking.

Kyk na agtergrond en nog meer


Daar is ʼn aantal voorsorgmaatreëls wat besigheidseienaars kan tref om hul werksaamhede teen werknemerbedrog te beskerm. Dit is nie net uit die oogpunt van interne risikobestuur en die beperking van risiko belangrik nie – dit kan ook deel uitmaak van die vereistes wat versekeraars stel om die voorwaardes van versekeringspolisse na te kom.

Die voorkoming van werknemerbedrog moet uit die staanspoor by die indiensnemingsproses begin. Besighede moet minstens alle kandidate se agtergrond nagaan en seker maak dat hulle nie ʼn kriminele rekord het nie. Deur aansoekers se verwysings te kontak en kontroleringsondersoeke te doen, kan besighede inligting omtrent die werknemer se vorige werkgeskiedenis asook hul professionele agtergrond en kwalifikasies verifieer.

Die implementering van veiligheidsmaatreëls om toegang tot sensitiewe inligting en finansiële data te beperk, is nog ʼn prosedure wat besighede kan volg om die getal werknemers te beperk wat magtiging het om belangrike transaksies te verwerk en kontantvloei te beheer.

Dit is ook in baie industrieë vir maatskappye beste praktyk om gereelde of jaarlikse oudits deur ʼn buitefirma te laat doen, om die integriteit van die besigheid se finansiële prosesse te verseker. ʼn Anonieme platform vir die aanmelding van bedrog of wangedrag kan ook baie help om ʼn maatskappykultuur van kollektiewe deursigtigheid en verantwoordelikheid te kweek.

Besighede moet ook beplanning vir gebeurlikhede proaktief benader. Byvoorbeeld, na gelang van die industrie, sal ʼn bestaande plan ten opsigte van openbare betrekkinge en krisiskommunikasie wat in werking kan tree wanneer sekere probleme ontstaan, verseker dat die besigheid voorbereid is en onmiddellik stappe kan doen om reputasieskade oor die lang termyn te vermy indien ʼn voorval van bedrog voorkom.

Getrouheidsdekking om jou besigheid teen bedrog te beskerm


Hierdie interne risikobestuurstrategieë kan ondersteun word deur die regte soort versekering uit te neem. Getrouheidsdekking, wat as ʼn afdeling by ʼn kommersiële polis ingesluit kan word, bied die beste beskerming teen bedrog en diefstal deur werknemers. Hierdie soort dekking is spesifiek bedoel om besighede teen verliese voortspruitend uit werknemers se oneerlikheid, enige ongeoorloofde finansiële wins, of verlies van eiendom te beskerm.

Hou koers deur die digitale mynveld


Afgesien van direkte voorvalle van bedrog en diefstal, het besighede ook beskerming nodig teen die potensieel vernietigende uitwerking van kubermisdaad. Volgens die jongste data het kubermisdaad oor die afgelope drie jaar met 191% toegeneem, terwyl die gemiddelde eiskoste met 213% gestyg het. Hierdie statistieke toon hoe wydverspreid die skade is wat veroorsaak kan word wanneer ʼn besigheid se databasis binnegedring, sensitiewe data gesteel of ʼn maatskappy afgedreig word.

Verskeie strategieë kan gevolg word om hierdie tipes risiko’s af te weer. Een van hierdie maatreëls is die implementering van ʼn robuuste verifiëringstelsel wat met die gebruik van multifaktor-verifiëring en komplekse wagwoorde versterk word. Hierdie eerste “verdedigingslyn” kan as ʼn versperring dien om ongemagtigde toegang te verhoed.

Besighede moet ook op en wakker wees met die bywerking van hul programme en produkte, en swakplekke in hul sekuriteit uitskakel. Gelukkig het die ontplooiing van antivirus-oplossings aansienlik meer kostedoeltreffend geword. Baie van hierdie sagteware wat as ʼn diens aangebied word, is toegerus met kunsmatige intelligensie- en gedragopsporingsvermoëns.

Strategiese beskerming teen kubermisdaad


Kuberversekering dien dan as ʼn bykomende vlak van beskerming. Omvattende kuberversekering sal enige nagevolge van ʼn sekuriteitskending dek. Die polis kan so gestruktureer word dat dit eersteparty-dekking, met finansiële beskerming vir die besigheid, sowel as derdeparty-dekking insluit. Laasgenoemde dek die impak op die besigheid se kliëntebasis – dit sluit belanghebbendes en ander persone of organisasies in wat deur die skending geraak is. In gevalle van bedrog, oneerlikheid van werknemers, diefstal en kubermisdaad, speel adviseurs ʼn onmisbare rol om aan besighede leiding te gee oor hoe om hul polisse by hul sakemodel en begroting aan te pas.

Recommended news

Card image cap
InsureInShort
How Businesses can Protect Themselves Against Fraud

South Africa’s turbulent economic climate has increased the exposure of local businesses to a number of significant risks. Among these are risks related specifically to fraud. The two most common of these risks involves fraudulent activities or theft committed by employees and the significant threat of cybercrime. Protecting a business from the financial impact and reputational damage that often accompanies these incidents requires both company-wide and preventative measures as well as the appropriate level of insurance cover.

Read more
Card image cap
InsureInShortAfrikaans
Hoe versekering moet ontwikkel om tred te hou met nuwe risiko’s

Vandag se jeug leef in 'n heel ander wêreld, met sy eie unieke risiko’s, wat nou ʼn heel ander benadering tot versekering verg.

Read more
Card image cap
InsureInShortAfrikaans
ʼn Vierpunt-gids oor versekering vir eerstekeer-huiskopers

Huis koop is een van die grootste beleggings wat die meeste mense in hul leeftyd sal aangaan, en dit kan redelik stresvol wees. Daar is baie aspekte om te oorweeg voordat die kontrak geteken word: huislenings, oordragkoste, verbandregistrasie, en natuurlik versekering.

Read more
Card image cap
InsureInShortAfrikaans
Advies oor kommersiële eiendomsversekering vir jong Suid-Afrikaanse entrepreneurs

Klein ondernemings in Suid-Afrika het met verskeie unieke uitdagings te kampe, asook spesifieke tipes risiko en risikovlakke. ʼn Strategiese benadering tot langtermyngroei en ʼn sterk strategie om risiko te verlaag kan help om jou onderneming teen onvoorsiene gebeurlikhede te beskerm, sodat jou besigheid een van die miljoene kan word wat die Suid-Afrikaanse ekonomie aan die gang hou.

Read more
PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us