Fraudulent Telegram and WhatsApp groups
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.
February 2026

PSG Insure

Deur Ryno de Kock, Hoof van Distribusie by PSG Insure
Suid-Afrika se geleentheidsbedryf speel ʼn uiters belangrik rol in die ekonomie, deur organiseerders, borge, verkopers, diensverskaffers en duisende deelnemers byeen te bring. Of dit nou groot sportbyeenkomste of musiekfeeste, uitstallings of konferensies is, hierdie byeenkomste verg maande lange beplanning en ʼn beduidende aanvanklike belegging. Ondanks deeglike beplanning bly sulke geleenthede egter kwesbaar vir verskeie risiko’s wat onvermydelike veranderings of volle kansellasie op die nippertjie tot gevolg kan hê.
Vir beide organiseerders en belanghebbendes kan die kansellasie van ʼn gebeurtenis ernstige finansiële, logistieke en reputasiegevolge hê. Dit is hier waar gebeurteniskansellasie-versekering, of gespesialiseerde gebeurtenisaanspreeklikheidsdekking, ʼn noodsaaklike risikobestuursmiddel word.
Groot gebeurtenisse hou groot risiko’s in
Om ʼn groot openbare geleentheid aan te bied, beteken beduidende koste moet reeds lank voor die tyd aangegaan word. Dit sluit koste in soos die huur van ʼn lokaal, bemarking, sekuriteit, huur van toerusting, personeel, permitte en deposito’s wat aan verskaffers betaal moet word. Indien ʼn gebeurtenis op kort kennisgewing gekanselleer word, kan baie van hierdie onkoste nie verhaal word nie, terwyl inkomste uit kaartjieverkope, borgskappe of verkoperfooie moontlik terugbetaal moet word.
Afgesien van die direkte finansiële verlies, hou dit ook ernstige reputasierisiko’s in vir organiseerders. Kansellasies wat swak bestuur word, selfs al is dit onvermydelik, kan betrekkinge met borge, deelnemers en die publiek skade berokken en moontlik toekomstige geleenthede negatief raak.
Toenemende klimaatverwante risiko’s vandag ʼn werklikheid
Verlede jaar is een van Suid-Afrika se gewildste marathons net ʼn uur en ʼn half voor die geskeduleerde aanvang weens gevaarlike windtoestande gekanselleer. Meer as 24 000 hardlopers het reeds van regoor die wêreld gearriveer, saam met mediese spanne, vrywilligers, borge en verskaffers. Ondanks omvattende beplanning en veiligheidsprotokolle, kon die marathon nie voortgaan sonder om deelnemers in gevaar te stel nie.
Die insident het beklemtoon hoe kompleks gebeurtenisrisiko kan wees. Weerverwante besluite moet dikwels onder uiterste druk geneem word, terwyl veiligheid opgeweeg word teen die negatiewe finansiële en bedryfsgevolge van kansellasie. Terwyl klimaatverwante risiko’s al hoe gereelder voorkom en minder voorspelbaar is, kan geleentheidsorganiseerders ook verwag dat veiligheidsprotokolle, gebeurlikheidsbeplanning en algehele risikovermindering skerper onder die soeklig sal kom.
Hoekom gebeurteniskansellasie-versekering saak maak
Gebeurteniskansellasie-versekering is bedoel om organiseerders te beskerm teen finansiële verliese wat uit omstandighede buite hul beheer voortspruit. Na gelang van die polis kan dekking die volgende insluit: kansellasie, uitstel of verskuiwing van ʼn geleentheid weens versekerde oorsake soos uiterste weerstoestande, natuurrampe, owerheidsinmenging of wanneer sleutelpersone nie opdaag nie, en reputasieskade.
Wat belangrik is, is dat hierdie soort dekking ook verlore inkomste, onverhaalbare uitgawes en kontrakverpligtinge teenoor derde partye kan insluit. Vir verkopers, borge of diensverskaffers kan gespesialiseerde gebeurteniskansellasie-versekering beskerming bied indien ʼn organiseerder as gevolg van ʼn kansellasie nie kontrakverpligtinge kan nakom nie.
Die belangrikheid van spesialisadvies
Gebeurtenisversekering is hoogs gespesialiseerd, en dekking kan aansienlik verskil van polis tot polis. Algemene slaggate sluit aannames in dat standaardtipe gebeurlikheidsaanspreeklikheidsversekering kansellasieverliese dek, of dat weerverwante ontwrigtings outomaties gedek word.
Dit is uiters belangrik om met die hulp van ʼn adviseur te sorg dat die polis die omvang, aard en risikoprofiel van die gebeurtenis weerspieël. Adviseurs kan organiseerders help om uitsluitings, wagtydperke, snellergebeurtenisse en dokumentasievereistes te verstaan, en terselfdertyd ook te verseker dat alle belanghebbendes behoorlik beskerm word.
Aangesien dit al hoe moeiliker raak om eksterne risiko’s te voorspel, kan geleentheidsorganiseerders nie meer net op gebeurlikheidsbeplanning staatmaak nie. Gebeurteniskansellasie-versekering maak dit moontlik om besluite te neem met veiligheid as prioriteit, sonder om besighede aan verlammende finansiële verliese bloot te stel. Deur vroeg in die beplanningsproses met ʼn adviseur te skakel, kan organiseerders en belanghebbendes dekking saamstel wat huidige werklikhede weerspieël en help om die langtermyn-volhoubaarheid van Suid-Afrika se geleentheidsbedryf te beskerm.




Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.





