Die Mees Algemene Versekeringsmites | PSG Insure

Daar is ook baie wanopvattings oor hoe persoonlike korttermynversekering werk, en die rol wat dit in risikobestuur speel. Baie van hierdie mites is gekoppel aan die feit dat versekeringsverbruikers nie ten volle verstaan wat deur hul polisse gedek word, hoe hulle moet eis in die geval van ʼn ongeluk, en hoe premies bereken word nie. Gelukkig is dit hier waar ʼn adviseur ʼn onmisbare rol vervul. Deur noue samewerking met ʼn adviseur kan kliënte versekeringsprodukte koop wat hulle kan bekostig en wat hul unieke risiko’s dek.

Versekering en aanspreeklikheid – die risiko’s op die paaie

Een van die algemeenste mites oor voertuigversekering is dat dit net swak bestuurders is wat dit nodig het. Trouens, juis om hierdie rede besluit baie Suid-Afrikaners om nie dekking op hul voertuie uit te neem nie, terwyl hulle glo dat verantwoordelike bestuurspraktyke genoeg is om alle potensiële risiko’s op die pad uit te skakel.

Ongelukke gebeur egter, ongeag hoe verantwoordelik jy bestuur, en voertuigversekering gee jou ʼn veiligheidsnet wanneer sake skeefloop. Voertuigversekering kan jou beskerm teen die hoë koste van ʼn afgeskryfde voertuig of duur skade na ʼn ongeluk, indien die verantwoordelike party nie versekering het nie. Dekking sluit die aksies van die versekerde bestuurder asook ander bestuurders op die pad in.

Nog ʼn mite rondom motorversekering is dat duurder voertuie outomaties meer kos om te verseker en dat premies hoofsaaklik deur die vervangingswaarde van die voertuig bepaal word. In werklikheid word premies deur elke persoon se risikoprofiel bepaal, en dit sluit aspekte in soos hul ouderdom, eisgeskiedenis, hoe hulle die voertuig gebruik en waar dit die meeste van die tyd geparkeer is. Faktore soos die stygende koste van motorherstelwerk en die invoerpryse van onderdele vir sekere modelle word ook in ag geneem wanneer die onderskrywers premies bereken.

Anders as wat algemeen geglo word, kry vroue nie altyd beter premies by versekeraars nie. Hoewel daar statistieke is wat daarop dui dat vroue meer verantwoordelike bestuurders is, is daar verskeie faktore wat die koste van die premie beïnvloed, soos die risiko van diefstal van sekere voertuigmodelle.

Huishoudelike risiko’s en huiseienaars se verantwoordelikhede

Huiseienaars is ook blootgestel aan verskeie algemene mites oor wat deur hul polisse gedek word en wat nie. Hier is dit belangrik om kennis te neem dat versekeringspolisse skielike en onvoorsiene gebeurtenisse dek, en dat sekere uitsluitings om hierdie rede van toepassing is. Skade of verlies wat byvoorbeeld deur vogtigheid en muf of normale slytasie veroorsaak word, sal nie as ʼn skielike en onvoorsiene gebeurtenis beskou word nie en sal nie deur ʼn huiseienaarspolis gedek word nie, omdat hierdie tipe skade geleidelik gebeur.

Eiendom soos juweliersware wat gesteel of beskadig word terwyl dit in transito is, sal ook nie deur ʼn huiseienaarspolis gedek word nie, omdat die dekking net toegestaan word terwyl die bates binne die versekerde se eiendom is. Daar is sekere verpligtinge wat as deel van ʼn versekeringspolis nagekom moet word, soos om alles moontlik te doen om onnodige insidente te voorkom. Hier speel adviseurs ʼn uiters belangrike rol om huiseienaars te help verstaan watter stappe hulle kan doen om hul huis en besittings met toereikende en toepaslike versekeringsdekking te beskerm.

Wat alle risiko-polisse behels

Alle risiko-versekeringspolisse word as een van die omvattendste tipes polisse beskou wat kliënte kan hê. En hoewel alle risiko-dekking verskeie belangrike voordele vir polishouers inhou, moet kliënte ook ten volle bewus wees van enige uitsluitings wat kan geld. Die vernaamste voordeel van ʼn alle risiko-polis is dat jy nie al die items (en hul waardes) wat jy wil verseker, hoef te spesifiseer nie, omdat hulle vir ʼn enkelbedrag by die dekking ingesluit word.

In ander gevalle kan kliënte kies om items by die alle risiko-afdeling van hul bestaande polis te voeg. Dan sal hulle die spesifieke bates wat hulle by die polis wil insluit, asook die afsonderlike waardes van hierdie items, moet meld. Hierdie soort dekking kan ook vereis dat spesifieke waardevolle bates veilig bewaar en toegesluit moet word wanneer hulle nie gebruik word nie. Dit kan geld vir items soos juweliersware, wat volgens die versekeraar se vereiste in ʼn kluis toegesluit moet word. Adviseurs kan goeie leiding en advies aan polishouers verskaf oor hoe om hul kosbaarste bates te beskerm, en hoe om te verhoed dat hulle onderverseker is.

Die rol van die adviseur

Nog ʼn algemene versekeringsmite is dat adviseurs nie veel meer doen as om versekeringsprodukte te verkoop nie. Hulle is in werklikheid waardevolle vennote wat individuele behoefte-ontledings kan doen en kliënte kan help om die mees gepaste dekking vir hul bates te kry.

Hulle kan ook aanbevelings doen oor aspekte soos die keuse van bybetalingsbedrae en kliënte help om deur ingewikkelde polisvoorwaardes te werk om dit behoorlik te verstaan. Indien bekostigbaarheid ʼn kwessie is, kan adviseurs ook ʼn sleutelrol speel deur kliënte te help om hul finansiële behoeftes volgens prioriteit aan te pak, en hulle terselfdertyd gemoedsrus te gee dat hul swaar verdiende bates met genoeg dekking teen onvoorsiene risiko’s beskerm is.

Recommended news

Card image cap
InsureEnglishInShort
The first-time car buyer’s guide to insurance

The world of car insurance can be confusing to navigate for first-time car buyers, as there is already so much to consider when selecting the right car and deal. Ultimately, insurance provides a safety net that returns you to the same financial position you were in before an incident occurred. For many, this safety net could make the world of difference when the unexpected happens.

Read more
Card image cap
InsureInShortAfrikaans
Hoe versekering moet ontwikkel om tred te hou met nuwe risiko’s

Vandag se jeug leef in 'n heel ander wêreld, met sy eie unieke risiko’s, wat nou ʼn heel ander benadering tot versekering verg.

Read more
Card image cap
InsureInShortAfrikaans
ʼn Vierpunt-gids oor versekering vir eerstekeer-huiskopers

Huis koop is een van die grootste beleggings wat die meeste mense in hul leeftyd sal aangaan, en dit kan redelik stresvol wees. Daar is baie aspekte om te oorweeg voordat die kontrak geteken word: huislenings, oordragkoste, verbandregistrasie, en natuurlik versekering.

Read more
Card image cap
InsureInShort
Advice on commercial property insurance for young South African entrepreneurs

South African small businesses are faced with several unique challenges, as well as specific types and levels of risk. A strategic approach to long-term growth and a solid risk mitigation strategy can help to protect your venture from the unforeseen, so that your business can become one of the millions that fuel the South African economy.

Read more
Card image cap
InsureInShortAfrikaans
Advies oor kommersiële eiendomsversekering vir jong Suid-Afrikaanse entrepreneurs

Klein ondernemings in Suid-Afrika het met verskeie unieke uitdagings te kampe, asook spesifieke tipes risiko en risikovlakke. ʼn Strategiese benadering tot langtermyngroei en ʼn sterk strategie om risiko te verlaag kan help om jou onderneming teen onvoorsiene gebeurlikhede te beskerm, sodat jou besigheid een van die miljoene kan word wat die Suid-Afrikaanse ekonomie aan die gang hou.

Read more
PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us