January 2024
PSG Insure
“ Voordat jy ʼn huis of woonstel verhuur of besluit om te huur, is daar ʼn paar aspekte wat ten opsigte van versekering oorweeg moet word. ”
Baie Suid-Afrikaners koop ʼn eiendom met die doel om dit te verhuur en ʼn huurinkomste te kry. ʼn Verhuurder het egter sekere verpligtinge en verantwoordelikhede met betrekking tot die beskerming van die eiendom teen sleutelrisiko’s. Voordat jy ʼn huis of woonstel verhuur of besluit om te huur, is daar ʼn paar aspekte wat ten opsigte van versekering oorweeg moet word.
Versekeringsverpligtinge van verhuurders vs huurders: ʼn fundamentele beginsel
Die maklikste manier om te verstaan hoe versekering ten opsigte van die verhuurder-huurder-verhouding werk, is om te onthou dat ʼn persoon net versekering kan uitneem op ʼn eiendom of bates wat aan hulle behoort, of waarin hulle ʼn versekerbare belang het.
Prakties beteken dit dat huurders nie verantwoordelik gehou kan word om geboueversekering uit te neem en te betaal nie, aangesien hulle nie die finansiële gevolge van enige skade of verwoesting sal dra nie. Daarom is dit die verantwoordelikheid van die eienaar van die eiendom om te sorg dat hulle genoeg versekering het om hul bate te beskerm.
Op dieselfde wyse word die koste van huishoudelike meubels, roerende eiendom en huisinhoud (in die meeste gevalle) deur die huurder gedek. Die verantwoordelikheid om hierdie besittings te beskerm rus dan op die huurder, wat verantwoordelik sal wees om enige van daardie bates in die geval van diefstal, inbraak, toevallige skade en ander risiko’s te vervang of te herstel. In hierdie geval sal die huurder genoeg versekering vir huisinhoud moet uitneem om hulle teen die potensiële finansiële gevolge te beskerm.
Belangrike oorwegings vir verhuurders
Vir verhuurders wat huise of losstaande eenhede verhuur, is die belangrikste oorweging of die versekeringsproduk wat hulle kies omvattend genoeg is om verskillende risiko’s te dek. Sommige van die algemeenste risiko’s waarteen versekering nodig is, sluit natuurrampe soos brand, weerlig, wind, oorstromings en aardbewings in. Daar is ook verskeie ander risiko’s wat ʼn eiendomstruktuur kan bedreig, soos geisers wat bars. Deeltitelgeboue en die versekering daarvan sal residensiële areas en gemeenskaplike eiendom vir die volle vervangingswaarde daarvan dek in die geval van onvoorsiene gebeure soos aardbewings, brand en oorstromings. Deeltitelversekering dek slegs die “onroerende” dele van gemeenskaplike eiendom en sluit enige roerende inhoud uit.
Verhuurders sal miskien ook gemeenregtelike aanspreeklikheidsdekking moet oorweeg wat vergoeding sal verskaf aan ʼn persoon wat op die perseel beseer word of sterf, en waar die eienaar regtens aanspreeklik gehou word. Dit sal egter nie beserings dek wat te wyte is aan versuim aan die kant van die verhuurder om die struktuur behoorlik in stand te hou nie. ʼn Voorbeeld hiervan is besering wat veroorsaak word deur trappe wat nie behoorlik in stand gehou is nie. Huurders het egter ʼn verantwoordelikheid om te sorg dat verhuurders vooraf van enige instandhoudingskwessies in kennis gestel word.
Tradisionele versekeringspolisse verskaf egter nie dekking vir opsetlike besering, moedswillige vernietiging of vandalisme wat deur huurders gepleeg word nie – dit staan bekend as kwaadwillige skade. In sulke gevalle sal die verhuurder ʼn siviele eis teen die huurder moet instel en behoorlike regsprosesse moet volg. Dit onderstreep hoe belangrik dit is om die regte siftingsmetodes te gebruik, na te gaan of die persoon enige kriminele rekord het, en ander voorsorgmaatreëls te tref wanneer ʼn geskikte huurder gesoek word.
Wat huurders moet onthou
Huurders se vernaamste verantwoordelikheid is om hul eie besittings en die inhoud van die eiendom te beskerm. Een van die doeltreffendste maniere om dit te doen, is om ʼn versekeringspolis vir huisinhoud uit te neem. Sommige versekeraars vereis dat huurders ʼn omvattende lys van hierdie besittings verskaf, asook die waarde van elke item, om die proses te vereenvoudig indien ʼn eis ingedien moet word. Hierdie proses sal egter nie van toepassing wees indien die polishouer die volle inhoud besit nie. Versekeraars kan ook ʼn addisionele klousule by die polis insluit om dekking te verskaf vir besittings wat gedra kan word, soos juweliersware, skootrekenaars, selfone en ander waardevolle items wat die eiendom op sekere tye kan verlaat.
Benewens ʼn omvattende versekeringspolis vir huisinhoud, moet huurders ook dekking vir huurderaanspreeklikheid uitneem, wat hulle sal beskerm teen onvoorsiene gebeurlikhede soos ongelukke, besering of sterfte wat kan voorkom terwyl iemand die eiendom wat hulle huur, besoek.
Die onmisbare rol van versekeringsadviseurs
In die geval van verhuurders sowel as huurders is versekeringsmakelaars ʼn uiters belangrike bron van kundige advies oor hoe om bates op die omvattendste en kostedoeltreffendste wyse te beskerm. Met toegang tot ʼn wye reeks produkte en ʼn deeglike begrip van die mark, kan adviseurs hul kliënte help om die mees geskikte dekking vir hul eiesoortige behoeftes te kry.
Adviseurs kan aan kliënte die uiters nodige gerusstelling verskaf dat hulle ten volle vergoed sal word in die geval van ʼn onvoorsiene insident, deur uit te lig waarvoor elke party verantwoordelik is en advies te verskaf oor die nodige versekeringsmaatreëls.
The world of car insurance can be confusing to navigate for first-time car buyers, as there is already so much to consider when selecting the right car and deal. Ultimately, insurance provides a safety net that returns you to the same financial position you were in before an incident occurred. For many, this safety net could make the world of difference when the unexpected happens.
Read moreVandag se jeug leef in 'n heel ander wêreld, met sy eie unieke risiko’s, wat nou ʼn heel ander benadering tot versekering verg.
Read moreHuis koop is een van die grootste beleggings wat die meeste mense in hul leeftyd sal aangaan, en dit kan redelik stresvol wees. Daar is baie aspekte om te oorweeg voordat die kontrak geteken word: huislenings, oordragkoste, verbandregistrasie, en natuurlik versekering.
Read moreSouth African small businesses are faced with several unique challenges, as well as specific types and levels of risk. A strategic approach to long-term growth and a solid risk mitigation strategy can help to protect your venture from the unforeseen, so that your business can become one of the millions that fuel the South African economy.
Read moreKlein ondernemings in Suid-Afrika het met verskeie unieke uitdagings te kampe, asook spesifieke tipes risiko en risikovlakke. ʼn Strategiese benadering tot langtermyngroei en ʼn sterk strategie om risiko te verlaag kan help om jou onderneming teen onvoorsiene gebeurlikhede te beskerm, sodat jou besigheid een van die miljoene kan word wat die Suid-Afrikaanse ekonomie aan die gang hou.
Read moreStay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.